Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VADERHUIS EN GELUKSALIGHEID
Nawoord B.D. 5617 - 9 Maart 1953
U sal u intrek moet neem in My Vaderhuis, u sal in Ewigheid daar bly, waar Ek u eerste geplaas het om aller geluksalig werksaam te wees. Maar dan sal u u God en Vader van ewigheid kan sien in Jesus Christus.
Ek Self sal onder u wees en u geluksaligheid sal onmeetlik wees en bly, want in ewigheid kom daar aan die heerlikheid in My ryk geen einde nie. Wat u mense op aarde sal kan bereik, is so onbegryplik en oorweldigend, dat u niks anders meer op aarde sou nastreef, as u uself hierdie heerlikheid sou kan voorstel nie.
Maar u sal, sonder om daarvan op die hoogte te wees, moet streef na My ryk, u sal in vrye wil na u Vaderhuis moet terugkeer, omdat u lotsbestemming dan eers geluksaligheid is, wat as voorwaarde het, dat die wese in vrye wil die volmaaktheid bereik het.
Hierdie geluksaligheid is vir u weggelĂȘ, dog is dit aan uself oorgelaat, hoe lank u u terugkeer na die Vaderhuis nog wil uitstel, uself bepaal die tyd, en dit kan al by u `n liggaamlike dood ten einde loop as u die volmaaktheid op hierdie aarde opgelewer het.
Ek wag op almal en Ek hou vir elkeen van u die woning gereed. Laat u uself deur hierdie woorde van My aangespreek voel, laat dit u aanspoor om ernstig daarvolgens te streef om na My toe te kom in My ryk, stel u uself die heerlikste lot voor en tog sal u nie by benadering die ware beeld hĂȘ van dit wat Ek berei het vir Myne nie, vir die mense wat My liefhet uit heel hul hart en heel hul siel nie.
En dit alles sal u kan bereik as u maar net My gebooie onderhou: Om My en die naaste te bemin.
U sal u alleen deur onbaatsugtige naasteliefde so moet vorm, dat die geestelike ryk met sy lig u kan opneem sonder dat u vergaan. Dan sal u u Vaderhuis kan betrek, dan kom Ek u Self tegemoet en lei u na alle heerlikhede toe, en u word in My nabyheid met My Liefde deurstroom en sal dan onbeskryflik geluksalig wees en bly tot in alle ewigheid.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205