Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DROEFHEID OOR DIE OORLEDENES
B.D. 1402 - 22 Junie 1965
U moet besorg wees oor die lewendes, maar nie treur oor diegene wat die Heer tot Hom roep as die tyd gekom het nie. En dus sal u uself moet voeg volgens die goddelike Wil en troos soek by die Heer. Want God is Liefde. Hy stuur u geen kommer en droefheid, sodat u sal ly nie, maar terwille van u siel wat deur leed ryp moet word.
En as u `n mens verloor wat vir u lief en dierbaar was, sal u smart verminder word as u dink aan die lyding en sterwe van Jesus aan die kruis. Ook u neem die leed op u skouers as u dit dra vir die Heer.
En terwille van die mensdom verdra die Heer die leed, maar u dra dit vir diegene na wie u liefde uitgaan as u dit berustend en terwille van die Heer dra.
Kla daarom nie en roep die siel nie terug na die aarde, as sy die aardse dal verlaat het nie, want vir haar het die uur van vryheid geslaan en al die las van die aardse bestaan het van haar afgeval. En dit moet u troos wees, dat die Liefde van God oneindig is, dat hierdie Liefde van Hom die lewe beƫindig as die tyd gekom het, daar Hy haar tot Hom roep in Sy Ryk.
Die weg op aarde was nie maklik nie en noudat die siele hulle losmaak van die aarde, moet u nie droewig wees nie, want hulle verwissel die aardse lewe vir `n lewe vol van vrede in die ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205