Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

TROOSWOORDE
B.D. 1923 - 18 Mei 1941
Verneem die woorde van troos: Bly moedig en sterk in verdriet, laat u geloof nie wankel nie, neem u toevlug tot die gebed, en dink nie dat u verlaat is nie, al dreig daar ook `n wêreld om oor u ineen te stort. Die geloof versit berge en wat onmoontlik lyk, word moontlik deur `n vaste geloof, en as u in volle vertroue tot My om hulp roep, bly u gebed nie onverhoord nie. Die lewensweg van elke mens is voorgeskryf, dus moet hy ook daarop gaan, omdat die rypwording van sy siel daarvan afhang. Hy sou hierdie weg ook gewillig en graag gaan as hy op hoogte sou wees van die noodsaaklikheid daarvan en van die kwellinge in die hiernamaals, as hy die weg op aarde gespaar sou bly.
Dink daarom nooit aan die aardse lyding nie, want dit gaan verby. Dink aan die eindelose lang tyd in die ewigheid, wat heelwat smartliker sou wees, sonder die leed wat die mens op aarde te verdra het. En so, laat u nie terneergedruk word deur leed en kommer nie, maar word daardeur sterker in die geloof in My, Wie u liefhet en daarom in u lewe dikwels pynlik moet ingryp om u te red vir die ewigheid. Vergeet nooit dat Ek u Vader, u Vriend, u Broer en Beskermer is nie. En lê My al u node voor, skik u gewillig en sonder teenstand in My leiding en u sal waarlik korrek gelei word. Laat u nie pla deur vertwyfeling nie, plaas alleen die diep geloof daarteenoor en hoop - want My woord is waarheid en as Ek u My hulp beloof, hoef u nie meer te vrees nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205