Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

TROOS EN KRAG IN DIE GROOTSTE NOOD DEUR GOD SE WOORD
B.D. 3448 - 25 Februarie 1945
Welke barmhartigheid en krag daar van God se Liefde na die aarde gestuurde woorde uitgaan, sal u ondervind in beangste ure, daar u dan meen om van die hele wêreld afgesny te wees en alleen met God in verbinding kan tree deur die gebed. Dan sal Hy tot u spreek in Sy Liefde en u krag besorg, Hy sal u begelei en vir u sorg en Sy woord sal vir u voldoende spys en drank wees totdat daar hulp na u toe kom. Geen mens sal u die troos kan inspreek wat u uit Sy woord toestroom nie, want met Sy woord bemerk u ook Hom Self in u nabyheid en u vertrou u gelowig aan Hom toe. En as u Sy woord sal hoor, het al die ander sy verskrikking vir u verloor, Sy Liefde spreek tot u, Sy Vaderhand gryp u vas en sal u nie meer laat val nie.
Sy woord is vol van mildheid en goedheid, dit spreek u hoop in en u herken dit as waarheid en daarom hou alle vrees en angs op, omdat u Hom nou sonder beswaar vertrou. Hoe groter die aardse nood is, soveel nader is God aan u, as u Hom maar net wil aanroep.Hy verlaat u nie en Hy bring dit tot uitdrukking in Sy woord, wat u onophoudelik sal mag verneem, regstreeks of deur tussenpersone, as u verlange daarna het. Want die verlange word deur God vervul; Hy laat u nie sonder geestelike spys nie, Hy sluit nie die bron waaruit die lewende water stroom nie, Hy beskerm u teen vernietiging, Hy laat nie toe dat hy deur die menslike wil gedemp word nie, dat die bron gaan opdroog, wat Sy erbarmingsvolle Liefde vir u geopen het, vir u wat honger en dors het, wat wegkwyn in nood van die liggaam en die siel, en na lafenis verlang.
En dus daal God Self in die woord na die aarde tot Syne, wanneer alle toegang tot u deur mense ontsê is. Dan sal Hy by u wees en u sal uit Sy vaderlike Hand ryk gawes kan ontvang, u sal liggaamlik en geestelik versterk word en as u alle aardse hoop opgegee het en u slegs aan God alleen oorgee, neem Hy Self u lot in Sy Hande en Hy sal u red uit alle nood. Want Sy Liefde omvat u, soos wat Sy iedereen omvat wat sy toevlug tot Hom neem in gebed. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205