Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE KRUIS. "MY JUK IS GERING EN MY LAS LIG"
B.D. 4127 - 20/21 September 1947
Neem u kruis op u en volg My na. En Ek sal langs u gaan en dit vir u help dra, want My Liefde laat u nie ly waar Sy die leed van u kan afneem, sonder om u siel skade te berokken nie. Maar wanneer die kruis op u druk, weet dan, dat dit nodig is vir die rypheid van u siel. En bedink, dat Ek op hoogte is van u geestelike nood en trag om dit as eerste op te hef, want as die uur van die dood gekom het is die siel in groter gevaar as die liggaam. Bedink dat alle nood ten einde is met die einde van hierdie aarde en dat die einde nie meer ver is nie. En trag om u daarom so te vorm dat die verblyf in die ligsfere vir u verseker is, dat u die aardse liggaam met vreugde afgee en dit inruil vir `n lewe in die hiernamaals in volle vryheid, as u die wilsproef op aarde deurstaan het. En hierdie lewe sal u vir alles skadeloos stel wat u op aarde gely het en u sal nooit meer na hierdie aarde terugverlang nie. En hoe meer die leed op u druk, des te meer sal u die aardse lewe kan afgee en tog gelouter wees vir die geestelike ryk. En u sal My ewig dank, dat Ek u laat ly het vir u eie welsyn.
Tog troos Ek u, dat die leed deur innige gebed (uit die hart) tot My van u afgewend kan word, dat Ek dit van u kan afneem as u vol vertroue as kinders tot die Vader kom. Dan trek Ek My u lot liefdevol aan en dra Ek die kruis vir u, dit wil sê, Ek vind `n oplossing wat gelykstaan met die vermindering van die nood. Ek maak vir u die kruis ligter, dat dit nie meer so swaar op u druk nie en u dit sal kan dra, omdat u die krag daarvoor van My ontvang.
"My juk is gering en My las lig". Ek self gee u hierdie woorde. Wil u twyfel aan die waarheid daarvan? Glo dus steeds dat elke kruis vir u te dra is, as u maar elke las dra met u blik op My gerig, en as dit vir u te swaar lyk, beskou dit as `n teken van My Liefde vir u, want vir wie Ek laat ly sonder skuld, vir hulle wil Ek My Ryk al op aarde toeganklik maak, omdat Ek die rigting van hul wil ken, hul werksaamheid in liefde op aarde en die toestand van hul siel, wat Ek wil verhoog.
En neem daarom al die leed geduldig op u, dit is slegs vir u beswil opgelê en nooit sal u in dieselfde tyd u doel bereik as u verskoon bly van leed, as u geen kruis opgelê kry nie, as die aardse lewe u die vervulling van al u wense gee en wat ook al nie meer nie. En as u op hoogte is van My woorde, dat dit `n teken is van My groot Liefde vir u, as u in aardse nood beland, wat u byna aan die lewe laat twyfel, so kla en mor nie, skik u inteendeel in u lot en dink daaraan dat u Vader in die hemel Sy kinders waarlik geen leed oplê, as dit nie `n heelwat groter seën sou oplewer vir u siel nie, wie se rypwording die doel van elke mens op aarde is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205