Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

GEBED: "TERWILLE VAN JESUS CHRISTUS" "IN SY NAAM"
B.D. 4363 - 4 Julie 1948
Hy Wie Hom aan die kruis laat slaan het, laat die mense wat tot Hom om hulp roep, alle Liefde toekom.
Geeneen van hulle sal Hy in nood laat nie, want Hy het tot u die woorde gespreek: "Kom almal na My toe wat uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek sal u verkwik". Hy sal u kruis help dra, Hy sal vir u die las op Hom neem, Hy sal u met raad en daad tersyde staan, as u in Hom glo, en daaraan dink dat Hy vir u gesterf het, dat Hy gely het sodat u nie hoef te ly nie. Tot Hom moet u uself wend, want Hy Self roep u met die woorde: "Kom na My toe", Hy beloof u Sy bystand, Sy troos en Sy versterking. En so, gee gevolg aan hierdie roep en neem Sy liefdesaanbod aan. Hy sal u waarlik nie tevergeefs laat smeek nie, Hy sal in nood en leed u Trooster wees en die las van u skouers neem wat op u druk, omdat Hy u liefhet. Sy Liefde is onveranderlik, dit is goddelike Liefde wat geen beperking ken nie; Hy lê geen menslike maatstaf daaraan nie, inteendeel: Hy ken geen maat nie, Hy gee waar Sy barmhartigheid gevra word en aan Sy Liefde sal u uself kan toevertrou.
En daarom moet u uself steeds tot Hom wend, wanneer u hulp nodig het, want Hy en die Vader is Eén, die Vader van ewigheid het Sy omhulsel tot woonplek gekies, Hy het Homself vir ewig met Hom verbind. En so roep u die Vader as u Jesus Christus aanroep, u roep die magtigste Gees van ewigheid aan, Wie u waarlik alles kan vervul en ook alles wil vervul, om u Sy Liefde en Sy Mag te betoon. Hy het Homself beliggaam in die mens Jesus, Hy Self spreek deur Hom die woorde tot u: "Kom almal na My toe". En so geld elke oproep wat u die Kruisdraer Jesus Christus laat toekom, die Vader van ewigheid Self. En dus sal u nie tevergeefs smeek nie, u sal gehelp word terwille van Jesus Christus in elke geestelike en aardse nood. In Sy Naam moet u bid, want Sy Naam is geseënd tot in alle ewigheid, en wie Sy Naam in volle aandag uitspreek, sal ook die seën van die Naam by hulle bemerk. Hy sal gehelp word, aan hom word vervul wat hy sal afsmeek by God, terwille van Sy heilige Naam. Daarom: Roep Hom aan as u in nood is, dink aan Sy woorde en hou u daaraan vas dat hulle in Liefde gespreek word en ook in Liefde nagekom word, want Sy belofte lui verder: "As u die Vader in My Naam vra, sal Hy dit vir u gee".
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205