Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

GOD IS `N SAGHARTIGE, MAAR REGVERDIGE REGTER. BOETEDOENING OP AARDE.
B.D. 4009 - 27 Maart 1947
Dit is die ewewigtig bringende regverdigheid van God; dat die mense wat ander kwaadgesind is, dikwels deur dieselfde kwaad getref word en dit nog op aarde moet uitboet, wat hulle aan sondeskuld op hulle gelaai het. Tog is dit weer `n barmhartigheid wanneer hulle op aarde die moontlikheid gebied word om boete te doen en hulle hul skuld nie in sy hele gewigtigheid hoef oor te neem in die ryk hierna nie, waar dit heelwat moeiliker is om vry van skuld te kom. Op aarde kan die straf hulle die onreg laat sien, hulle kan berou hê en daardeur makliker boete doen, terwyl in die hiernamaals die herkenning daarvan heelwat moeiliker is en hulle deur kwellinge alleen maar steeds koppiger kan word.
Maar die mens sien nie altyd sy onreg in nie en het daaroor geen spyt nie; inteendeel is hy soms nog meer daarop bedag om die medemens skade te berokken, ofskoon hy self die uitwerking van die kwade wil moet ondergaan. Maar dan is hy verhard en neem hy sy skuld saam na die ryk hierna. Met die voorafgaande moes begin word om nou te kan begryp, waarom oneindig veel mense groot lyding te dra het gedurende die eindtyd, waarom hulle dikwels in die bitterste nood geen hulp kry van die kant van die medemens nie, want ook hulle staan gevoelloos teenoor die nood van die medemens in tye waarin hulle kon gehelp het as die wil nie by hulle ontbreek het nie.
En as hulle aan hul sondes en nalatighede dink en op hulself kritiek uitoefen, as hulle hul nou self deursien en berou het oor hul onreg, sal ook die straf vir hulle draaglik wees en hulle skuld kan op aarde al minder word en dan is die tyd van nood vir hulle tot seën, want dit bring vir hulle barmhartigheid, hulle kan ernstig by hulself nadink, teenoor God hul onreg beken en Hom om vergewing vra. En dan sal die grootte van die skuld waarlik verklein word, want God is `n milde Regter, en waar Hy sien dat die mens berou het oor sy gedane onreg, verminder Hy sy straf en vergewe hom. Maar sonder om sy skuld te erken, kan hy geen vergewing vind nie, omdat God wel `n milde, maar regverdige Regter is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205