Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE DAAD VAN SONDEVERGEWING. JESUS CHRISTUS AS VERLOSSER
B.D. 4166 - 13/14 November 1947
Die handeling van sondevergewing kan ook net as `n seremonie beskou word, wanneer die geestelike voorwaarde om die sondeskuld te vergewe, ontbreek. Sodra die mens hom sondig voel en sy sondeskuld na God dra, sodra hy opreg berou het oor sy sondeskuld en God om vergewing vra; word sy sonde hom ook deur God vergewe en terwille van Jesus Christus die skuld kwytgeskeld, want daarvoor het Jesus gesterf aan die kruis, sodat die sondeskuld van die hele mensdom uit die verlede, die hede en die toekoms gedelg kan word. En so is dus die eerste vereiste om vergewing van die sonde te verkry, die geloof aan die verlossingswerk van die Christus (Christus) en die wil om tot diegene te behoort wat deur die bloed van die Christus verlos is van hul sondeskuld.
Opregte berou teenoor God en dus die insig van die sonde om teen God te gesondig het, Sy gebod van die liefde te geskend het, is `n verdere vereiste, wat die daad van die sondevergewing regverdig. Die mens kan weliswaar met woorde blyke gee van berou, terwyl sy hart nie geraak is nie, en hy dus nie onder die druk van sy sondes ly nie en gevolglik ook nie insien hoe swaar hy gesondig het teenoor God en Sy gebooie nie. Dan kan die sondeskuld ook nie van hom weggeneem word nie, dan bly hy belas met sy sonde, totdat hy bewus is van sy skuld en dit op hom druk, sodat hy God om vergewing vra. Ewenwel bestaan daar vir die mens geen rede om teenoor sy medemense gewag te maak van sy sondes nie.
Dit is wel voordelig, dat hy hom oefen in deemoed, as hy openlik sy swakhede en foute beken, maar met die vergewing van sy sondes het hierdie openlike bekentenis teenoor `n mens niks te doen nie. Aan wie u die sondes sal vergewe, dit is hulle vergewe, en aan wie u dit sal laat behou, aan hul is dit behou." Hierdie uitspraak van Jesus voer u as rede aan, maar u bedink nie daarby, dat Jesus tot Sy dissipels gespreek het, tot hulle wat deur hul lewenswandel `n rypheid van siel bereik het, wat hulle heldersiende en helderhorend gemaak het. Verder spreek Jesus oor die sondes waarvan die gevolge liggaamlik sigbaar was en oor die beweegrede, dat die sondaars by die dissipels, van wie hulle ingesien het dat hulle groot manne van God was, hulp soek, dit wil sê afwenteling van hul lyding.
Daaruit het die handeling van `n algemene sondevergewing, na die bekentenis teenoor `n mens van die sondes, ontstaan, maar dit kan weer alleen maar as `n omvorming van die leer van die Christus (Christus) beskou word, as `n misleiding in soverre, dat die mense meestal die vergewing van hul sondes afhanklik maak van hul bekentenis daarvan, maar hierdie bekentenis word `n formele aangeleentheid, terwyl die diepe innerlike berou, die bekentenis van die skuld teenoor God en die verafskuwing van die sonde met die ernstige wens om hulle te verbeter, slegs in `n swak opwelling, die hart van die mens beroer, maar die vergewing van die sondes alleen afhanklik daarvan is.
Hierdie innerlike skuldbekentenis moet teenoor God plaasvind. Daarvoor is geen bemiddelaar nodig nie en gevolglik is die bieg weer daarvan slegs `n gebod wat deur die mense by die leer van die Christus toegevoeg is, wat egter uitermate sterk aandag kry, maar in teenspraak is met die Wil van God, Wie elke uiterlikheid deur ware innerlike oorgawe aan God, deur `n volledig geestelike belewing en ontplooiing van Sy aangebode wil vervang het. Want elke uiterlikheid is `n groot gevaar vir die mens, dat hulle hulself te min ondersoek, hulle alleen maar die menslike toegevoegde eis geleë laat lê en daardeur vervlak en lui word by die arbeid aan hul siel.
Want die geestelike agteruitgang van die mense bewys dat die wil om die sonde te verafsku, wat die gevolg is van diepe berou, nie aanwesig is nie, of tot `n daad geword het nie, wat wel beslis die geval sou wees, wanneer die handeling van die sondevergewing nie in so `n vorm gegiet sou wees nie, maar steeds alleen `n innerlike aangeleentheid van elkeen afsonderlik sou wees. Dan sou die mens homself tot `n verbeterde lewenswandel kon opvoed, as hy maar van goeie wil was.
Maar so word ook die gewilliges lui en onverskillig deur die verkeerde onderrigting en voorstellings van die sondevergewing, die wat van uit God uit nie so gewild nie, soos wat dit deur die mense voorgestel word nie. Vir God het alleen die ware innerlike waarde en elke uiterlike vorm het nie Sy welgevalle nie, en vervolgens nie Sy toestemming nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205