Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

"WAT U DIE VADER VRA IN MY NAAM"
B.D. 6374 - 10 Oktober 1955
En dit sal u waarlik gegee word, wat u afsmeek in My Naam. U moet in Jesus Christus tot My roep. Alleen wie My, die goddelike Verlosser Jesus Christus, erken, wie in Hom sy God en Vader sien en dus tot die "Vader" bid; hulle gebede sal verhoor word, want My Gees wys hom op Die Een van Wie hy eens uitgegaan het. Wie die Menseseun Jesus nie as Afgesant van die hemelse Vader erken nie, wie nie daarin glo dat Ek Myself in die mens Jesus beliggaam het nie, sal ook nie in volle vertroue `n gebed na My kan opstuur nie - ofskoon hy nie `n God loën nie, maar sy geloof in `n God en Skepper is vir hom slegs vanuit die opvoeding gegee, maar het nie in hom lewend geword nie. Want `n lewende geloof kom voort uit liefde, maar die liefde erken ook Jesus Christus as God se Seun en Verlosser van die wêreld, Wie één geword het met Sy Vader van ewigheid. En dus sal hy die Verlosser Jesus Christus nie meer skei van die ewige Godheid nie, sy gees sal dit vir hom begryplik gemaak het dat Hy en Ek één is. En die se gebed sal steeds verhoor word, want hy sal altyd alleen maar bid om dinge wat Ek hom kan verleen sonder dat sy siel skade ly.
U mense sal steeds net dan die korrekte sin van My woorde begryp, wanneer My Gees in u werksaam kan word. Maar My Gees kan altyd eers dan in u werk, wanneer u dit self vir Hom veroorloof, wanneer u deur `n lewe in liefde Hom die moontlikheid gee om Hom teenoor u te uiter. Maar dan sal u My Woord aanneem asof dit regstreeks tot u gespreek is, want dan, in daardie geval, spreek Ek ook teenoor My kinders en gee hulle met My woord tegelyk ook die begrip daarvan. En dan sal u uself salig kan prys, want u siel ontvang lig, sy kom tot insig, sy word ryp, want nou sal u ook alles doen wat Ek van u verlang. U sal My Wil vervul en u sal uself steeds meer tot liefde vorm en u siel sal haar nog op aarde voltooi.
Roep My aan in Jesus Christus en vra as eerste vir uself, dat u hierdie voltooiing op aarde sal bereik. En waarlik, die gebed van u sal nie tevergeefs aan My gerig wees nie. Want `n geestelike versoek hoor Ek die graagste, `n geestelike versoek sal vervul word, omdat die Vader Sy kind niks weier nie en omdat die mens sy kind is, wanneer hy so `n vraag om hulp om hom te voltooi, tot My rig. En vra telkens dat u uself van My aanwesigheid bewus sal word en bly. Dan gaan u u lewensweg onder voortdurende begeleiding van u Vader van ewigheid, dan sal u nooit meer op verkeerde weë kan gaan nie, dan sal u met u gedagtes steeds meer in geestelike sfere vertoef en u vooruitgang sal verseker wees.
Wat sou u almal nie kan bereik wanneer u self My woord voor u gees haal en u dienooreenkomstig gedra nie - wanneer u die "Vader vra in My Naam". Aards en geestelik sal u geen vergeefse versoek rig nie, steeds sal Ek u verhoor, want Ek het u hierdie belofte gegee en Ek staan vir My woord. Roep die goddelike Verlosser aan met Wie die Vader Hom verenig het. Roep tot God in Jesus. Dan behoort u ook tot die verlostes, dan het u binnegedring in die misterie van die menswording van God. Want as nie-verlostes ontbreek dit die mense heeltemal aan die geloof, dat Ek Self My in die mens Jesus beliggaam het. Maar u toon die geloof, wanneer u die "Vader in My Naam" vra.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205