Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD SE VADERLIEFDE SONDER EINDE
B.D. 7353 - 3 Mei 1959
My Liefde dra u oor alles heen, wanneer u uself maar aan My toevertrou en vanuit uself niks meer wil as alleen dat My Wil vervul sal word nie. Want My Liefde vir u is onmeetlik, en sou u uself van die graad van My Liefde `n voorstelling kan maak, waarlik, u sou geen nood en geen sorge meer hê nie, omdat u sou weet dat Ek My Hande bo u hou en u beskerm en seën. Maar u bang vertwyfeling hou My ver van u, sodat My Liefde nie meer met alle krag kan werk nie. En Ek moet dit toelaat, as Ek u wil nie wil beperk nie, wat homself na My moet rig in alle vryheid. En al sê Ek u dit ook steeds weer, dat Ek u liefhet met alle gloed en dat u daarom niks hoef te vrees nie - u sal vanuit uself hierdie woorde in u moet oordink en dan eers kan hulle hul werking op u uitstraal, en waarlik tot u geluksaligheid.
U moet vir u `n Vader voorstel, Wie Sy kinders trou aan die Hand lei en nie sal duld dat gevare hulle bedreig nie. Die liefde van `n vader is waarlik onbaatsugtig en wil alleen die kind gelukkig maak, maar die kind moet hom dan ook sonder vrees teen die vader aanvlei, hy mag hom nie van hom verwyder en sy eie weë gaan nie, hy moet luister wanneer die vader hom roep en hy moet doen wat die vader van hom verlang. En dit sal u ook moet doen, deurdat u My gebooie vervul, wat Ek u alleen maar daarom gegee het, om u onuitspreeklik gelukkig te kan maak. Kom u My gebooie van die liefde tot God en die naaste na, dan berei u vir My groot vreugde, want dan keer u vrywillig na My terug, u gryp vrywillig My Hand en laat u lei op u verdere lewensweg. En van daardie oomblik af is u vry van elke nood en sorg, omdat Ek dit van u oorneem, omdat Ek alles vir u uit die weg ruim, omdat My Mag en Krag u oor alles heen dra, wat vir u as hindernis voorkom op die weg na bo.
Verplaas u maar dikwels en innig in u gedagtes dat Ek u aan die Hand hou en oor u waak, dat Ek u liefhet en besorg is oor u rypwording, dat Ek u nie aan My teenstander oorlaat nie, sodra u uself vrywillig na My toe wend. Trag steeds om dieper binne te dring in die Wese van My Godheid, Wie in Haarself Liefde is. En u sal steeds meer dikwels ondervind dat `n God van Liefde nie u ongeluk wil nie, dit dus ver van u sal hou wanneer u uself maar by Hom aansluit, wanneer u maar aan My Hand gaan vashou, Wat Ek steeds na u toe uitsteek wanneer u alleen gaan. Want My blik is onafgewend op u gerig en sien elke gevaar. Glo u wel dat My Liefde u in sulke gevare onbeskermend laat? Glo u dat Ek u alleen sou laat gaan, ook wanneer u dit wil?
Ek volg u, omdat Ek u en u hart ken en omdat Ek weet dat u aan My, behoort deur u wil. Maar u sal in benoudheid sit en belas wees, solank u alleen gaan, sonder om My aan die Hand te gryp en u sal in allerlei nood kom, sodat u aan My sal moet dink en na My roep. En Ek sal by u wees in elke nood van die liggaam en van die siel, want My Liefde is voortdurend in u nabyheid en wag alleen op u aanroep om weer aan u sy te gaan en u onder My veilige beskerming te neem, waarin u uself dan ook geborge sal voel; omdat u nou bewustelik naas My gaan. En die bewus wees van My aanwesigheid sal u nie mag verloor nie. U gedagtes moet steeds weer na My gekeer wees en steeds moet u weer aan die Een dink, Wie u met nooit aflatende Liefde en onvermoeibare geduld volg, Wie u heeltemal wil besit, aan Wie u uself in die volste vertroue moet oorgee sodat Hy u uit alle nood help.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205