Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

AARDSE SORGE IS ONNODIG - DIE VADERLIEFDE VAN GOD
B.D. 4414 - 22 Augustus 1948
Waarom maak u uself besorg oor u aardse lewe wat Ek vir ieder van u vorm gegee het sedert ewigheid. U sal nie by magte wees om die geringste daaraan te verander nie, want My Wil het dit bepaal, en soos My Wysheid dit vir u goed gevind het soos dit oor u kom, so is dit goed vir u. Gaan daarom sonder sorge u weg oor die aarde, want elke dag verloop volgens My Wil en elke gebeurtenis is voorsien sedert ewigheid. Maar daarmee wil nie gesê wees dat u passief sou moet wees en u aardse taak mag verwaarloos nie, want ook dit behoort tot die lot wat vir u bestem is en elke werksaamheid het `n seën tot gevolg.
Maar oor die verloop van dit wat u doen, moet u uself geen sorge maak nie, en so sal u My elke las mag oplê, wat Ek gewillig vir u sal dra, u sal elke wens aan My mag toevertrou; u sal alle bedenkings mag uiter; alles wat u terneerdruk, wil Ek van u afneem en stil en blymoedig moet u u weg oor die aarde gaan, want, wat ook al mag gebeur, Ek is op hoogte van elke gebeurtenis en het dit so voorbestem, en wat Ek doen is waarlik korrek. Elke sorg is onnodig sodra u uself eenmaal aan My oorgegee het, as u uself aan My en My barmhartigheid toevertrou. Dan neem Ek, as u Vader, elke sorg van u oor, My kinders.
Maar u sal self sorg moet dra vir u siel. Hierdie sorg kan Ek nie van u afneem nie. Ek kan u alleen raad gee en u alle geleentheid gee wat u ten volle sal moet gebruik vir die heil van u siel. Maar hoe meer u uself hieraan oorgee, des te minder hoef u uself besorg te maak oor die welsyn van u liggaam, omdat Ek dit van u oorneem, soos wat Ek dit aan u beloof het.
En daaraan sal u ook die waarheid van My Woord insien, dat Ek aan al u behoeftes voldoen wat u as My kinders sal hê, want as sodanig is ook u behoeftes gering, terwyl die kinders van die wêreld groot eise stel, wat Ek moet weier, terwille van uself. Maar My kinders laat Ek nie gebrek ly nie, want hulle moet altyd die Liefde van hul Vader in die hemel besef, hulle moet vertroud word in die besef van My Liefde en hul geloof moet so `n krag bereik, dat Ek hulle alles kan gee wat hulle vra terwille van hulle diep geloof.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205