Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE AANSPREKING VAN GOD - VAN DIE VADER TOT KIND - WOORDE VAN LIEFDE
B.D. 5107 - 18 April 1951
Ek is naby u almal, so naby dat u in staat sou wees om My te hoor as u binne in u luister na My stem. En dit is begryplik dat Ek so tot u spreek soos `n liefdevolle Vader tot Sy kinders spreek, eenvoudig, gewoon en tog vervul van liefde, sodat My kinders vertroud is met My, dat hulle My ook herken as Vader, Wie Sy kinders liefhet. En omdat Ek wil dat hulle My ook begryp, weerklink My woorde so in hul hart, sodat `n kind dit kan begryp, dat dit nie verkeerd begryp kan word nie en dat dit die kind gelukkig maak. Die volheid van My Liefde sou Hom heel anders uiter as u dit sou kan verdra, maar solank u nog op aarde is, is die klank van My Woord aangepas aan die toestand van u siel, om na gelang van die vermoë van elkeen afsonderlik, lief te hê, klink dit waarneembaar in die hart of die gemoed treffend soos `n gesugte gedagte fluistering. Ek is self by u wat My stem verneem, Ek is by u aanwesig en spreek woorde van liefde, van troos en van aansporing tot u en Ek onderrig u. Want steeds sal u My teenwoordigheid moet bemerk as `n toestroming van barmhartigheid en krag.
Wie nou veel begeer, ontvang ook veel. Wie vir My sy hart open, verlangend na My Liefde, aan hom sal dit ook onmeetlik toestroom, en My Liefde uit Hom in die woord. Die volheid van My Liefde gee Hom weg, die Lig van die vuur van My Liefde straal in die hart van diegene wie hulle vir My oopstel en My wil hoor. Lig is egter wysheid en die aanhoor van die oorvloed van die goddelike Wysheid is onuitputlik en bied steeds nuwe skatte aan hom wie sy hande daarna uitsteek.
Maar steeds word geestelike rykdom u aangebied op `n manier wat vir u begryplik is, omdat Ek wil dat u My begryp, as Ek tot u spreek. En daarom sal die Lig oral kan straal, Ek sal geen onderskeid maak met die uitdeel van My gawes nie, waar dit maar ook van My verlang word en die liefde van `n kinderhart die Vader daarom vra. En My kinders sal My altyd begryp, omdat hulle andersins nie die Vader sou herken nie, Wie egter deur hulle herken wil word. Daarom is My woord ook die lewende water wat uit die Bron stroom, so helder en suiwer, dat iedereen hulle daarin kan laaf, omdat elkeen dit daarin vind, wat hy nodig het vir die ontwikkeling van sy siel, bemoedigende woorde en troos, liefde en wysheid, barmhartigheid en krag.
Solank u oor die aarde gaan, is u nog onmondige kindertjies wat Ek alleen so kan en sal bedink soos wat hulle in staat is om My Woord van Liefde en Wysheid op te neem. En so sal u uself ook steeds as kinders moet beskou en met dank alles aanneem wat die mees troue Vaderliefde u bied. U sal nie kan verlang na geestelike voedsel wat u nog nie sou kan verdra nie, na geestelike kennis wat u op aarde nog nie nodig het nie, u sal nie moet verlang om die werk van My Almag te deurgrond vóór u `n bepaalde geestelike rypheid verkry het wat u in staat stel om dit geestelik te beskou nie, u sal genoeë moet neem met dit wat Ek u gee, wat Ek as seënbringend vir u insien en wat My Liefde vir die kinders gereed hou wat die regte verhouding met My tot stand gebring het en daardeur My Self aanwesig laat wees. U, kinders moet tegelyk vraend en dankend die gawes ontvang wat My Vaderliefde u skenk, so dikwels as wat u dit begeer.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205