Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

"KOM ALMAL NA MY TOE..."
B.D. 5508 - 15 Oktober 1952
In My Arms sal u `n goeie heenkome kan soek as u belas en belaai is. Want My Liefde wil u almal omvat en niemand sal Ek van My afstoot wat in sy nood tot My kom en My om hulp vra nie. Ek wil troos en krag skenk, Ek wil wonde heel en swakkes sterker maak, Ek wil in alle harte hoop en vertroue wek, Ek wil My barmhartigheid uitdeel, omdat die siel van niemand gesond kan word sonder barmhartigheid nie.
Kom almal na My toe, wat uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek sal u verkwik. Maar wie swak is in die geloof, hoor hierdie woorde wel, maar neem dit nie aan nie, al is dit ook tot hom gespreek, hy dra sy las verder wat Ek tog algaande sal verlig, wanneer hy hom aan My oorgee. Kom na My toe... u wil self moet u na My toe dryf, want Ek lê alleen daarom die las op u skouers sodat u die weg na My sou vind. Elke nood is `n lokroep van u hemelse Vader, Wie in Sy Liefde na u liefde, na u kom, verlang, om u geluksalig te kan maak. En so moet die nood van die siel u ook na My toe lei, alles moet u My toevertrou, want Ek wil dat u uself ontdoen van dit wat u terneerdruk. Wel ken Ek al u lyding en nood, maar Ek kan u eers dan help, wanneer u alles aan My voorlê, omdat Ek wil dat u uself as My kinders teenoor die Vader gedra, omdat Ek wil dat u steeds die weg gaan wat alle goeie kinders gaan, die weg na die Vader, Wie in Sy Liefde elke sorg van hulle wil afneem en hulle met raad en daad bystaan om hulle gelukkig te maak in tyd en ewigheid.
Vlug altyd na My Arms, wat hulle beskermend oor u sal uitsprei, Wie u oor klippe en weë vol klippe heendra, Wie u met liefdevolle sorge begelei solank u op aarde leef. Hê altyd maar vertroue, want Ek stoot geeneen van u van My af weg nie, al wandel u ook in sonde. Ek wil u vry maak van sonde en skuld, alleen ... kom na My toe - u almal wat belas en belaai is. Roep My dat Ek erbarming met u kan hê en Ek sal u verhoor; Ek sal My Hande na u uitsteek, sodat die weg na My vir u maklik sal word, want Ek wil help en genees, Ek wil siekes en swakkes wat hulleself alleen nie meer kan help nie, gelukkig maak en u almal moet in My die Een herken, Wie u verlos het, omdat Sy Liefde vir u oorvloedig is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205