Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

"U HET TOG `N VADER ..." - DIE VERHOUDING VAN DIE KIND
B.D. 5699 - 16 Junie 1953
Daar is niks wat vir u onmoontlik sou wees, wanneer u uself met My verbind nie, wanneer u My vra vir krag, wanneer u My dus Self deur u werksaam laat wees. U het nou nog nie die regte geloof nie, en solank u twyfel, verhinder u selfs vir My, dat Ek volgens u wil in aksie kom. Maar u sal moet probeer om die geloof te verkry. Verplaas u in die toestand dat u vol vertroue soos `n kind met My praat, dat u uself werklik sal voel soos kinders wat na die Vader kom in elke benarde toestand, hetsy van geestelike - of aardse aard. Sou u hierdie verhouding met My tot stand kan bring, dan sal daar in u ook geen twyfel meer wees dat Ek u verhoor nie. Want as u My as Vader aanspreek, is u ook oortuig van My Liefde Wie Hom na My kinders keer en hulle hulp verleen in elke nood. U het tog `n Vader, u het nie tot wese geword nie, u het Iemand Wie van u nood en sorge op hoogte is, Wie alleen maar aangeroep wil word, omdat Hy na die liefde van die kind verlang en dit wil beantwoord.
Hoe ryk kan u tog genoem word. U het `n Vader in die hemel Wie sterker is as alle magte van die wêreld, Wie dus ook alles van u sal kan afweer wat van die kant van die wêreld op u afkom. En omdat u so `n Vader vol Mag en Liefde het, sal vir u self ook niks onmoontlik wees nie, omdat Ek u steeds met My Krag beskerm, omdat u alleen maar vas hoef te glo om My daartoe te bring om `n blyke van My Mag te uiter. Solank u ver is van My, is u ook onmagtig, maar sodra u `n innige band met My tot stand sou gebring het, moet ook die Krag van My op u oorgaan en dan bring u alles tot stand en kan u alles doen en dan bestaan daar vir u geen beperkings nie, want alle grense val weg waar My Krag gebruik word. Vertrou slegs in volle geloof op die Liefde van u hemelse Vader en alle sorge sal van u wegval, dit sal steeds op die regte oomblik opgehef wees, omdat u self die tyd bepaal deur die krag van u geloof.
Ek wil u arbeid seën en u gedagtes stuur en gee dat u handel volgens My Wil. Laat daarom die arbeid vir My en My ryk voorgaan op u aardse werksaamheid, wat Ek dan eweneens wil seën en u geestelike ondersteuning stuur waar aardse krag nie toereikend skyn te wees nie. En wanneer Ek u seën, sal alles slaag, wanneer Ek u seën sal u nie aangeval kan word deur bose kragte nie, want My seën rig `n beskermende wand op, waaragter u uself geborge sal kan voel, `n beskermende wand waarteen al die vyandiges hulle te pletter loop, omdat My seënende Hand oor u uitgesprei is, solank u werk vir My en My Ryk. Ek wil vir u almal `n goeie Huisvader wees, sodra u as My knegte werk in My wingerd, sodra u My dien en trag om My ryk op aarde uit te brei. En dit sal u aan niks ontbreek nie, met krag wil Ek u uitrus en in My Wil sal u dan u verlossingsarbeid uitvoer, waarvoor Ek u in diens geneem het in die laaste tyd voor die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205