Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GELOWIGE VERTROUE VERSEKER GOD SE HULP
B.D. 5940 - 24 April 1954
Ek is naby u. Net `n gedagte van u roep My tot u en alle sorge en nood sal u My kan toevertrou. Ek hoor u en staan steeds met My hulp gereed. Maar u sal op My moet vertrou. U sal moet glo dat u as My kinders voortdurend deur My Liefde omring is, dat Ek u nooit aan uself oorlaat nie, maar oor u waak, soos `n goeie vader sorg vir sy kinders. Dan sal u ook heeltemal gerusgestel wees, dat daar niks tot u nadeel sal uitval nie, dat alles goed is vir u siel, wat ookal deur die lot bepaal, oor u sou kan kom. Maar u ongelowige uitroep na My, wend ook weer, wat vir u ondraaglik voorkom, u van My af, want My Liefde kan u niks weier as u My vol vertroue daarom vra nie. Twyfel u egter aan My Liefde of aan My Mag, dan maak u self die verhoring van u gebed onmoontlik.
Maar `n sterk geloof laat Ek nie verlore gaan nie. En daarom maan Ek u maar steeds aan: Sorg daarvoor dat u `n sterk geloof verkry, sorg dat u geloof lewend word deur die liefde. Dit is steeds weer My beskikking, My voortdurende waarskuwende stem, omdat die liefde die enigste middel is om van alle nood kwyt te raak, omdat u deur `n lewe in liefde so `n sterk geloof verkry, dat u dan in staat is om alle nood te verban. U hoef waarlik nie te ly of aardse nood te ondergaan, wanneer u oor geloofskrag beskik, wat die gevolg is van onbaatsugtige werke in liefde nie. Want dan sou die doel van u aardse lewe al vervul wees, dat u u wese verander het tot liefde en nou so innig met My deur die liefde verbind is - dat My aanwesigheid egter elke nood uitskakel.
Maar u mense is nog swak in die geloof en nou eenmaal ook swak in die liefde. Wend u daarom steeds soekend na hulp tot My, dat Ek u sterker kan maak. Bid van My die krag af wat u tekort kom en glo dat Ek u help, omdat Ek u liefhet en ook u liefde wil wen. Die innige vereniging met My deur die gebed verseker u ook die bystand van My kant af, al is daar ook dae en ure in u lewe wanneer u kleinmoedig is of moed wil verloor; u word nooit verlaat deur u Vader in die hemel nie en Hy sal u steeds help as die tyd daar is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205