Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

SWARE STRYD EN LYDING VOOR DIE EINDE. GOD SE WOORD IS DIE SEKERSTE HULP
B.D. 4459 - 13 Oktober 1948
U kinders van My Liefde sal nog `n kort tyd moet volhou tot u verlos word uit die vorm. Dit is `n sware stryd wat u nog moet deurstaan, maar dit sal nie te swaar wees vir u nie, omdat Ek voortdurend naby u is en u te alle tye ondersteuning verleen. Dog, terwille van uself, sal u nog deur leed moet gaan, sodat u gelouter sal wees en die laaste oordeel nie hoef te vrees nie. Maar steeds gee Ek u die versekering dat u slegs nog `n kort tydjie op hierdie aarde sal vertoef, dat elke dag nog `n geskenk is waarin u veel kan wen, as u uself berustend sal skik in al die moeilikhede wat oor u kom. Dit sal verbygaan en eens sal u vol dankbaarheid tot My opsien, Wie u deur die leed in die graad oorgeplaas het, om My te mag aanskou, Wie deur die leed u siel sal help om vinniger ryp te word, omdat die tyd by aan die einde nog net kort is.
U almal is My kinders, Ek sien wel u leed, maar Ek is ook op hoogte van die noodsaaklikheid daarvan en so is die leed alleen maar liefde vir u en u moet dit altyd dankbaar uit My Hand aanneem, want daar sal niks oor u kom, wat Ek nie van weet nie, of wat nie vir u as goed en seƫnbringend beskou word nie. Maar u is nooit deur My verlaat nie, ook nie wanneer dit die skyn daarvan het dat Ek nie u gebed hoor nie. Elke uitroep uit die hart baan vir hom `n weg na My Oor en tot hulp is Ek steeds bereid, dit is net nie altyd dadelik herkenbaar vir u nie.
Die barmhartigheidsgawes van bo - My woord - sal vir u steeds `n sekere hulpmiddel wees as u uself swak waan of geheel moedeloos is. Wend u tot My in gebed en neem dan die antwoord in ontvangs deur My Woord in u op te neem en daar sal vrede oor u kom en My Krag sal op u oorstroom, sodat u in staat sal wees om alles te dra wat Ek oor u stuur. U hoef nie te ly nie, want My Woord is volwaardige vergoeding vir alles wat u ontbeer, wat u mis en u ellendig maak.
Elke leed en elke sorg verdwyn as u My Woord lees en dit in u hart laat binnedring. Want My woord is Ek Self en sou u werklik leed kan voel as Ek in u nabyheid is? Bewys u geloof en neem My raad ter harte, laat My tot u spreek en niks sal u raak, geen leed sal u druk, sodra u in verbinding tree met My nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205