Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

"WIE DEUR GOD BEMIN WORD..."
B.D. 5647 - 9 April 1953
Wie deur God bemin word, laat Hy heel dikwels moeisame weë bewandel en laste dra wat hom byna terneerdruk, maar altyd net vir sy beswil, want so `n las, wat soos `n kruis is, kan hom tot seën strek by die goeie instelling tot Hom Wie sy lot bestuur, wie deur God bemin word... Sy Liefde gaan wel uit na al Sy skepsele, dog in die besonder na diegene wat nie meer ver daarvan af is om die laaste doel te bereik nie. Hy ken die gesindheid van elke mens en so weet Hy ook hoe elke mens afsonderlik teenoor sy God en Vader van ewigheid staan en daaraan beantwoordend trek Hy hom dikwels aan om hom te help om sy doel te bereik.
En alleen so sal u vir uself mag verklaar dat God getroue mense, wat Hom duidelik terwille is, dikwels moet laat ly en dikwels `n swaar lewenstryd moet voer, wat so nou en dan aan die Goedheid en Liefde van God twyfel. God weet presies waarvoor alles goed is en as die mense nou maar oortuig sou wees van Sy Liefde en Goedheid, sou hulle ook al die moeilike insien as beskikking van God en nie in opstand kom nie, hulle sou hul deur God se Liefde laat vasgryp en geduldig wag tot die lot weer `n ander wending neem.
Daar is waarlik veel leed op die aarde, die mensdom smag onder die druk daarvan, maar hulle sien nie in dat dit nodig is dat hulle opgevoed word nie, en verset hulle daarom innerlik, terwyl hulle hul alleen maar berustend sou moet skik, sodat al die probleme weer van hulle afgeneem sou word en die hulp van God duidelik tevoorskyn kom, dat God as liefdevolle Vader herkenbaar sou wees deur elkeen wat Hom wil herken.
Wie deur God bemin word, laat Hy ly. Wel word hierdie woorde byna nie gelowig uitgespreek nie, want geen mens dink daaraan dat leed `n waaragtige werksame opvoedingsmiddel is in `n wêreld waarin alleen steeds dit nagestreef word, wat goed is vir die liggaam, waarin die Liefde van God nie gesien word in toestande van nood en kommer nie. En tog is dit Sy Liefde Wat Haar so uiter soos wat dit dienstig is vir die siel. Want God is op hoogte van die seën van die leed en Hy wend daarom dikwels sulke middele aan, om die mense van die aardse wêreld weg te hou, Hy wil hulle liewer sien ly as ondergaan in die moeras van die wêreld en haar sonde.
Hy weet dat siekte en pyne `n verandering kan teweegbring, maar dat die wêreld nooit `n geestelike resultaat kan bied vir die siel nie, dat die wêreld daarom eers laaste gestel moet word, waarvoor God Sy indirekte hulp gee, deurdat Hy die mense afhou van die wêreld en die gevare daarvan, deur middele wat wel skynbaar die Liefde van God laat ontbeer, maar vir die siel nooit verderflik is nie, tensy die mens in opstand kom teen die lot en hy om Sy teenstander roep. Dan sal hy wel gehelp word, maar anders as wat die mens dit vir hulle voorstel, hy help wel, maar nooit sonder teenprestasie nie. En hierdie teenprestasie bestaan uit die afstaan van die siel aan hom.
Gee u daarom oor aan die Wil van God wanneer u getref word deur nood en leed, mor en kla nie, buig u hoof onder Sy ordening en rig u oë alleen maar omhoog na Hom. En Hy sal die kruis van u afneem, Hy sal dit vir u lig maak, sodra u uself vrywillig oorgee aan Hom en Sy barmhartige leiding. Want u sal u steeds bemin kan voel deur Hom Wie alleen deur leed en nood uself vir Hom wil wen, Wie u siel wil louter en haar steeds weer die geleentheid bied om haar te beproef in geduld en sagmoedigheid, sodat die hulp van God dan duidelik kom, sodat Sy Liefde sigbaar ingryp en Hy ook alle wonde heel op die regte tyd.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205