Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

LIEFDE EN LEED AS LOUTERINGSMIDDEL
B.D. 6701 - 29 November 1956
My evangelie leer u van die liefde en steeds weer die liefde, want alleen die liefde reinig die siel van haar afvalstowwe; die liefde is die vuur wat die siel louter en al die onedele in die teendeel omsit. En die liefde het as begeleidster ook dikwels die leed, wat vooraf harde omhulsels oplos, wat steeds nog weerstand bied aan die liefde. Dus is liefde en leed die louteringsmiddele van die siel en liefde en leed kan die mense met slegte eienskappe verander in deugsame mense, dit kan die hoogmoed breek en die ware deemoed in die hart van die mens te voorskyn roep, dit kan die ongeduldiges tot sagmoedigheid en geduld opvoed, dit kan tot barmhartigheid aanspoor en die geregtigheid na vore laat kom. Dit kan die hele wese van die mens verander en dus nog op aarde die siel vergeestelik.
En daarom moet u voortdurend liefde beoefen en alle leed geduldig op u neem. U moet die kruis dra wat u opgelê word en daarby voortdurend u beste doen om vir u medemens die leed ver weg te hou, om hulle gelukkig te maak en ook hulle te help om hul sielerypheid te verkry, deurdat u hulle dus die evangelie van die liefde preek en hulle dit ook uitleef. Die mens moet bewustelik die arbeid aan sy siel verrig, hy moet hom van alle ondeugde en begeertes self probeer vrymaak en die krag daartoe sal vir hom vermeerder in die liefde, wat hy weer in praktyk kan bring by sy naaste.
En word leed hom opgelê, dan moet hy die leed eweneens beskou as `n middel om homself te voltooi, omdat dit vir hom `n min help, indien die liefde nog te swak is. Die siel moet kristalhelder haar liggaam kan verlaat om, met lig deurstraal, binne te kan gaan in die ryk hierna. Maar u mense het nog minder of meer omhullings om op te los wat hierdie ligstraling teenhou vir die siel. U sal nog aan uself moet werk om die deugde te ontplooi wat `n siel moet versier, u sal deemoedig, sagmoedig, vredeliewend, barmhartig, regverdig en geduldig moet word en dit vereis `n bewustelike arbeid aan uself, wat daarom dikwels deur leed van allerlei aard bevorder word.
En so moet u ook die seën van die lyding insien wat `n verlossende betekenis het, dat dit nie steeds as straf vir sondes beskou moet word nie, veeleer dikwels alleen as `n werksame middel om die rypheid van siel te verkry. Al u slegte gewoontes en begeertes moet u aflê en dit verg dikwels `n stryd, wat u egter in die toestand van liggaamlike lyding baie makliker opval as in `n toestand van liggaamlike welsyn, wat eerder geskik is om sulke kwaad te vergroot as te verklein. Ek het nie sommer net die woorde: "Wie My wil navolg neem sy kruis op" uitgespreek nie.
Wel het Ek vir u sondeskuld aan die kruis gesterf, al die leed het Ek op My geneem - daardeur het Ek dit moontlik gemaak, dat u vry sal kan word, dat u krag verkry. Terwille van die verlossingswerk kan al u sondes vergewe word en dus is u ook die binnegaan in die lig ryk verseker, as u My en My verlossingswerk erken en `n beroep doen op die barmhartigheid van die verlossingswerk, deurdat u My vra om verlossing en vergewing van u skuld. Maar tog word daar vir uself `n sekere siele-arbeid oorgelaat, want dit bepaal die graad van lig waarin u van die aarde skei.
En die bereidwilligheid om te verdra is die bewustheid om deel hê aan My kruisweg, en wie aan My sy die weg na Golgota gaan, het sy siel waarlik `n groot diens bewys, want sy kan, net soos Ek, die weg neem in die ligryk en sy sal in stralende glans saam met My in die paradys wees, want die verandering vanuit `n onvolkome wese tot die goddelike wese, wat dit was in die allereerste begin, het nog op aarde plek gehad en hulle het allerweë op aarde deelgeneem aan die verlossingswerk van die Christus, omdat hulle die kruis in oorgawe gedra het.
Daarom, seën die leed wat u weg oor die aarde begelei en laat die liefde in u geheel tot ontplooiing kom, dan sal u weg oor die aarde nie tevergeefs wees nie, dit sal u die mooiste doel laat bereik: Die totale vereniging met My, u God en Vader van ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205