Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE GODDELIKE KRUISDRAER, JESUS CHRISTUS
B.D. 7321 - 30 Maart 1959
Bring al u laste en sorge na die kruis. Sodra u uself toevertrou aan die goddelike Kruisdraer, sal u voelbaar van u las bevry wees, want Hy sal dit vir u help dra, of Hy sal die las van u afneem, en by die groot sondelas werp waarvoor Hy aan die kruis gesterf het. U mense maak almal veels te min gebruik van die groot voorreg, u kwel uself dikwels lank en u kan vir uself die las tog nie self verminder nie, maar u gaan ook nie die weg na Hom Wie u nog altyd Sy hulp beloof het, Wie u almal liefhet en Wie nie wil dat u ly nie.
En Hy het aan u gesê: “Kom almal na My toe, wie uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek wil u verkwik". Steeds en steeds weer moet u aan hierdie woorde van Hom dink en dus na Hom toe gaan, uself aan Hom toevertrou in u nood en dan berustend op Sy hulp wag, want Hy sal u help, omdat Hy dit aan u beloof het en omdat Sy beloftes waarlik ook vervul sal word. Hy ken alle nood van u, maar Hy vra van u dat u na Hom toe kom, dat u daardeur u geloof aan Sy Liefde en Mag laat sien.
Hy vra van u oorgawe in volle vertroue aan Hom, Hy wil Self dat u u laste vir Hom oplê, Hy wil dit vir u dra om u daarvan te bevry, want Hy kan dit doen, sodra u Hom erken as die Verlosser Jesus Christus, Wie één is met die Vader, of ook: Sodra u Jesus Christus erken as u God en Vader van ewigheid, Wie vir u oor die aarde gegaan het in die mens Jesus, om u te verlos. En elke las is altyd nog `n teken van skuld, van onvolmaaktheid, wat u dus moet dwing om onder Sy kruis te gaan, omdat u daardeur u geloof in Hom betuig en Hy u dan met reg kan bevry van dit wat u beswaard of benoud maak.
Elke las is vir u draaglik, wanneer u deur Hom, die goddelike Kruisdraer, versterk word, of dat Hy u help om haar te dra. Want om `n klein kruisie te dra word vir u almal opgelê, sodat u in navolging van Jesus sal kan gaan. En die klein kruisie sal u ook met berusting op u moet neem, want u krag om te weerstaan word as gevolg daarvan versterk en u sal kragtige stryders word teen die vyand van u siel, kragtige stryders ook vir die Heer, aan Wie se Sy u nou waarlik nie sonder sukses stry nie. Maar Hy sal dit ook nie toelaat, dat die kruis u terneer druk nie, dat dit te swaar op u skouers rus nie, Hy sal steeds met Sy sterk Arms bereid wees om u te ondersteun of die kruis op Sy skouers te neem, omdat Sy Liefde vol sorg oor u waak dat u nie die slagoffer word van hulle wat u tot `n val wil bring nie.
Dink daarom steeds aan die woorde van Jesus: "Kom almal na My toe wie uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek sal u verkwik". U hoef nie mismoedig te wees en op te gee nie, u hoef u maar net steeds tot Jesus Christus te wend en u sonder beperking aan Hom toe te vertrou en Hy sal u hoor. Hy sal u in vaderlike Liefde na Hom toe trek en siel en liggaam sal kragtig gemaak wees deur Sy Liefde en Erbarming, Wie steeds alleen maar trag om u gelukkig te maak.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205