Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GOD PAS SMARTLIKE MIDDELE TOE
B.D. 8366 - 30 Desember 1962
U sal nooit aan My Liefde mag twyfel nie, wat daar ook mag gebeur in die wêreld, of in u omgewing. Ek weet waarom Ek dit toelaat, selfs wanneer dit nie My Wil is nie, maar die wil van die mens self wat werksaam is en sy medemens leed aandoen. Ek weet wat weer vir die afsonderlike mens bevorderlik is om ryp te word en daarom moet Ek ook dikwels Self ingryp en deur harde slae van die noodlot trag om op hulle in te werk, dat u tot self besinning sal kom, wanneer u in gevaar is om uself te verloor aan My teenstander. Maar meen nie dat Ek liefdeloos en ongegrond leed oor u laat kom nie, want alleen My Liefde bring My daartoe om in te gryp op die mees uiteenlopende manier.
Die gevaar dat u weer vir `n eindelose lang tyd verlore sou kan gaan, is te groot en Ek wil u nie onverskillig aan u lot oorlaat nie en daarom pas Ek nog alle middele toe om die gevaar van u af te wend. In die laaste tyd sal die aantal gebeurtenisse groter word wat u aan My Liefde sal laat twyfel, daar sal katastrofes en ongelukke van die mees verskillende aard, swaar slae van die noodlot, nood en ellende steeds meer dikwels voorkom en die mense sal hulleself afvra hoe `n God van Liefde so iets kan toelaat. Maar glo My, Ek moet hierdie middele toepas, omdat Ek die vrye wil nie kan aantas nie en omdat hierdie gebeurtenisse u wil in die korrekte rigting kan dring. Glo in My, dat Ek egter ook ag slaan op elke geroep wat u in hierdie nood na My opstuur en u die hulp ten deel sal laat val om My Self aan u te bewys en u sal dan ook My eindelose Liefde vir u leer insien, Wie u nie ten gronde wil rig nie, inteendeel alleen maar wil red. Sou u mense almal alle samehang weet wat die rede is van u bestaan op aarde as mens, dan sou u seker ook so lewe dat swaar slae van die noodlot u nie heeltemal hoef te tref nie, dog wanneer u opheldering verkry deur My bodes, glo u dit nie en leef onverantwoordelik in die wilde weg en is u in groot gevaar om weer verlore te gaan vir `n eindelose lang tyd.
Wat dit inhou om die gang oor die aarde deur al die skeppingswerke nog eens te moet aflê, kan u nie besef nie, maar u sou met ontsetting geslaan word en sou uit vrees daarvoor nou `n ander lewenswandel lei, maar Ek kan u nie die herinnering aan vroeër gee van die ontwikkelingsgang wat u al afgelê het terwille van uself nie. Maar steeds weer laat Ek u waarsku en vermaan deur My bodes en as u hulle nou maar sou wil glo, sou uself die gevaar insien en u bes doen om `n ander lewenswandel te voer. En daarom word u telkens weer opgewek uit die doodslaap waarin u uself bevind, want u moet ontwaak en die roep van My om u wakker te skud, sal steeds luider klink.
Maar My Liefde vir u sal nie minder word nie, ook indien u Haar self nie meer kan sien nie. Maar eens sal u weet dat alles wat geskied, slegs vir u beswil moes dien, maar dat Ek u vrye wil nie kan dwing en daarom ook alle smartlike gebeurtenisse aan u sal kan laat verbygaan sonder om `n enkele resultaat vir u siel te behaal het nie.
Steeds weer roep Ek u mense toe: "Glo in My eindelose Liefde" wat vir u geld tot in alle Ewigheid en glo dat Ek slegs u geluksaligheid wil bewerk, dat Ek u tot `n lewe sou wil wek wat ewig duur en lig en krag en vryheid beteken. En wanneer u in staat is om in My Liefde te glo, neem u ook alles met berusting uit My Hand aan en Ek Self kan u ook weer uit alle nood uithelp, sodra dit maar daartoe bygedra het dat u self verander het. Dat u uself aan My toevertrou en My om hulp vra, want sodra U My as u God en Skepper erken, is die groot gevaar ook verby om opnuut gekluister te word in die materie en u gaan dan nie verlore nie, veeleer sal u verder ryp kan word op aarde of in die ryk hierna.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205