Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE LEED VAN DIE MEDEMENSE HELP DRA. VERLOSSINGSWERK
B.D. 992 - 3 Julie 1939
U neem deel aan die verlossingswerk van die Heer as u die leed van u medemense gewillig op u skouers neem, dit vir hulle help dra, en met die oog op die lyding van Jesus aan die kruis, alles berustend dra wat die Heer u stuur. Slegs deur leed kan die mensdom verlos word, want die leed moet deur werksame liefde oorwin en verminder word en kan dus die daadwerklike liefde eers die verlossingswerk volbring: En die liefde sou op haar beurt geen arbeidsterrein hê, as die leed nie op aarde verlang om gelenig te word en die leed juis deur die tot daad geworde liefde sou teengegaan kan word nie.
En die mensdom keer hulle so dikwels af om die leed van die medemens nie voor oë te hê nie, verhard daardeur die hart en is op die manier oneindig ver verwyder om op aarde verlossend besig te wees. En daar is nie één onder die mense wat die liefdevolle hulp nie nodig het nie, en die nood van die tyd stel elkeen meer as genoeg in die geleentheid om hulpvaardig saam te help en die naaste by te staan in elke nood.
Wie se hart bereid is om te help, sal ook bemerk waar sy hulp nodig is, hy sal die haglike posisie van die ander insien en dadelik inspring en hy sal ondersteun word deur geestelike ligwesens aan wie ook die begeleiding van die wesens op aarde opgedra is. Want die werk van hulle gaan ook steeds sonder ophou uit na die red van `n op `n dwaalspoor gebringde siel in die hiernamaals, asook op aarde. Die hart van hulle wat in liefde vir al hierdie siele klop, herken die noodtoestand van die wesens en spring dadelik aan die werk en is tot hulp bereid, sowel in geestelike, as in aardse opsig. Want beide gaan hand aan hand.
Elke hulp, aards verleen, het onuitspreeklike seën tot gevolg, want dit is `n werk van liefde en gevolglik neem die mens deel aan die verlossingswerk van die goddelike Heiland, al is dit ook nog onbewus en mag so die mens sy beste doen om te help en te lenig waar hy maar die medemens in nood sien, want wat hy op aarde versuim, moet hy daarbo in die hiernamaals goedmaak, maar op aarde lewer dit onmeetlike vrugte op.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205