Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

LEED AS BARMHARTIGHEIDSMIDDEL
B.D.3422 - 30 Januarie 1945
Die eindtyd vol barmhartigheid word deur die mense nie as sodanig herken nie, want hulle is nie op die hoogte van die seën van die lyding nie, hulle weet nie dat die leed ook `n barmhartigheid is nie, waardeur die siel wat haar op `n ver afstand van God bevind, nog gered kan word, en ewig nie haar bestemming kan bereik, wanneer sy die afstand tot God nie verklein deur werke van liefde nie. En die werksaam wees in liefde kan die gevolg van groot lyding wees. God gee die mense die geleentheid om hulle in die liefde te oefen, want die leed neem vorm aan, sodat die medemens tot werke van liefde aangespoor word sodra hy nie volledig verhard is nie.
Wat `n mens nie vanself sou doen in `n tyd van geordende betrekkinge nie, kan hy tog nog uit innerlike aandrang verrig by die aanskoue van oorgrote nood. Hy kan hom die lot van die medemens aantrek en hom helpend bystaan, die vlammetjie van die naasteliefde kan in hom ontsteek word en dan het sy siel die grootste voordeel uit die aardse nood getrek.
Ononderbroke is God daarop bedag, om die siele te lei na nog hoëre rypheid, of hulle in die toestand te verplaas wat die omhulsel van hul siel oplos, sodat hulle voor die einde van die (laaste) dag minstens in die toestand van insig die ryk hierna kan binnegaan, of hulle uit eie aandrang aansluit by die klein gemeente wat volhou tot aan die einde in die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser. As die mens deur leed die doel bereik, dan is vir hom die leed die laaste redding, dit is `n barmhartigheid, wat hom nog kort voor die einde verleen word. Want sonder leed bly hy in die toestand dat hy ver van God verwyderd is, omdat die liefde in hom nie werksaam word nie.
Die middele wat God aanwend om die siele van die mense te help, moet, kort voor die einde, besonder skerp wees, as hulle nie sonder uitwerking wil bly nie. En die mense in hul geestelike blindheid sien alleen maar die skerpte van sulke middele, egter nie hul seën nie. Maar is hulle deur werk van liefde verplaas in `n helder staat, het hulle tot die skare van stryders van Jesus Christus toegetree, dan sien hulle vol dankbaarheid op die dae van hul liggaamlike nood terug, hulle sien die sin en die seën van die lyding in en ook die liefde van God, Wie steeds bedag is op die heeltemal rypwording van onvolmaakte siele.
Die tyd tot aan die einde is nie meer lank nie, maar die mense het nog so `n lae geestelike ontwikkeling, dat hulle `n aansienlike langer tyd nodig het om dit in te haal. Gevolglik moet hulle `n skool deurloop waarin hulle vinniger ryp kan word, wanneer hulle by elke lewensproef standhou, wanneer hulle elke geleentheid benut. Hulle moet `n louteringsvuur deurstaan, die omhulsel van hul siel moet gesmelt word deur leed en liefde, dan is dit moontlik dat hulle hul in hierdie kort tydjie nog vervolmaak, dat hulle op die einde tot diegene behoort wat stry vir Jesus Christus. En dan is die ewige saligheid vir hulle verseker. En hoe vroeër `n mens uit vrye wil die liefde beoefen, des te makliker te dra sal die laste vir hom voorkom, want as die eintlike doel deur leed bereik is, des te vroeër sal die mens hom dus van die barmhartigheid bedien, en des te vroeër kan die (leed) van hom afgeneem word.
So sal die barmhartigheid van die eindtyd eers goed in die geestelike ryk ingesien word, want op aarde het die mens as sodanig nie die insig nie, hy sien ook nie die groot geestelike nood in nie, hy weet nie in welke gevaar hy verkeer as hy faal nie, en watter vreeslike denkbeeld dit is om nogeens `n ontwikkelingsperiode te moet deurmaak nie. Die insig sal hom eers in die geestelike ryk beskore wees en dan sal hy dankbaar wees vir elke hulp wat hom in die vorm van lyding op aarde ten deel geval het. Dan eers sal hy insien welke mate van barmhartigheid God die mense op aarde toegeken het en dat sonder leed dit nooit moontlik was om die doel te bereik nie. Maar solank hy op aarde leef is daar vir hom die geleentheid gebied om sy siel hoër te ontwikkel en so lank staan barmhartigheid hom ook ter beskikking.
En die leed is een van die grootste barmhartighede, dit is tog die mees werksame middel om die mens op te voed om aktief te wees in die liefde. En daarom wend God die middel aan, vóór die einde gekom het, om nog siele te wen vir Sy ryk, om hulle te help dat hulle nie vir ewig verlore gaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205