Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE KELK VAN DIE LYDING - DIE LIEFDE VAN GOD
B.D. 3733 - 2 April 1946
Die kelk van die lyding moet geledig word, as u gesond wil word aan u siel, sodat dit as ontvanger van die lig na die dood van u liggaam binne kan gaan in die geestelike ryk. U weet nie welke seën die leed vir u siel u kan oplewer nie, u weet nie hoe dit in `n kort tydjie geheel verander, deurdat die digste omhulsel van die siel kan oplos, waarvoor andersins veel langer tyd nodig is. U lewe is vasgestel, dit sal nie lank meer duur nie, maar u siele is nog ver van hul voltooiing verwyderd, en Ek wil hulle help om tog nog `n bepaalde graad van rypheid te bereik, sodat hulle nie `n hernieude kluistering in die materie te verwag het nie, want die laaste boesem My medelye in en iedere afsonderlike siel sou Ek die lot wil bespaar.
U wil om die rypheid van siel te verkry is baie swak en so sou u nog veel tyd nodig hê om die graad van rypheid te bereik. Maar hierdie tyd staan u nie meer ter beskikking nie en so wend Ek daarom middele aan om u te louter, wat wel baie smartlik is, maar uitermate veel seën kan bring, as u uself maar in deemoed en oorgawe binne My Wil skik, as u nie mor en kla nie, inteendeel My Self by u laat werk met middele wat `n goeie resultaat beloof. Ek weet dat u ly, maar weet egter ook hoe u sal jubel as die tyd van u beproewing op aarde verby is en u dit deurstaan het, hoe u My sal dank dat Ek die middele aangewend het om u te red vir `n eindelose lang tyd van hernieude gevangenskap in die harde materie.
Wat Ek u nou bespaar, sal u in die ryk hierna moet verdra, as u die barmhartigheid verkry, nog voordat u die lewe op aarde met die laaste einde verlaat. As u dog leef tot aan die einde, dan is u in gevaar om nog weg te sink, as u uself nie vroeër heeltemal sal kan losmaak van aardse besit nie, as u nie vooraf tot die insig gekom het dat alleen die geestelike lewe waardevol is en dat die aardse lewe slegs `n middel tot die doel is, `n middel om die rypheid van siel te bereik.
Gee alles weg wat u besit om die rypheid van siel te verkry, dan sal u getroos die einde kan verwag, dan het u u doel op aarde bereik, u het die materie oorwin en is ryp vir die geestelike ryk. Gee die goedere van die aarde vrywillig weg om in oormaat geestelike goedere te kan ontvang, want dit sal u baie meer verbly as wat aardse goed u ooit gelukkig kan maak.
Drink die kelk uit tot die laaste druppel, weet dat u My Liefde besit, anders laat Ek u nie so ly nie, want die leed is vir u wat My erken, `n louteringsvuur, omdat Ek wil dat u siele kristalhelder binne sal gaan in My ryk, omdat Ek wil dat die lig en die krag van My Liefde u kan deurstroom, sonder om die geringste hindernis te ondervind. En verloor nie die geloof in My Liefde nie. Wie ly sal weet hulle word bemin deur My, want Ek trek hom deur die leed tot My, waar hy waarlik eens vrede en geluksaligheid sal vind.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205