Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

VIR DIE WÊRELDLINGE
B.D. 7560 - 27 Maart 1960
U sal geen bedrieglike hoop mag koester deurdat u glo om nog baie tyd te hê om u geestelik te voltooi nie. U sal nie `n dag langer moet draal om `n begin te maak met die werk aan u siel nie, as u nie alreeds oor die regte weg gaan en streef na die geestelike nie. U sou steeds maar moet probeer om u voor te stel dat u skielik weggeroep kan word en u dan afvra of u uself wel staande sou kan hou voor My Oë. En u sou uself alleen maar die vraag moet voorlê, hoe u teenoor Jesus Christus staan. U almal wat Hom nog nie gevind het nie, is in groot gevaar dat u siel verlore gaan, dat sy die ryk hierna in nood en duisternis betree, omdat sy nog nie verlos is nie. U almal wat nog geen aanhangers of belyers van Jesus Christus is nie, word in die besonder deur My aangespreek, dat u nog maar min tyd het en hierdie tyd sal moet benut, deur verbinding te soek met Jesus Christus, die goddelike Verlosser, sodat u ook verbinding kan vind met My, wat in Hom die werk van verlossing volbring het. U staan nog midde in die wêreld en die wêreld sal maar selde net geestelike gedagtes in u laat opkom. Maar Ek wend My tot u, dat u uself ernstig besin, dat u uself `n baie vinnig naderende einde sal voorstel en dat u aan u siel dink, wat in groot nood is. U wêreldlinge het maar min geloof en tog sal u eendag daaroor moet nadink dat u nie vergaan nie, al sterf u liggaam. En u sal dan moet probeer om u lot vir u voor te stel wat nie anders kan wees as wat u lewenswandel was nie. En wanneer u nie aan `n voortlewe van die siel glo nie, wens dan ernstig vir uself dat u maar eenmaal korrek kan dink, dat `n klein liggie aan u geskenk word, Vra My daarom, wanneer u nog glo in `n God en `n Skepper van ewigheid. En waarlik, Ek sal vir u `n lig skenk, want Ek wil nie dat u verlore gaan nie, maar u sal die eerste stap na My toe moet maak, Wie u nie in u diepste innerlike sal kan verloën nie.
Laat die kort tyd wat u nog bly, nie onbenut verbygaan nie, vra u af of u die korrekte weg gaan en doen u bes om die Wil van Hom te vervul Wie u die lewe gegee het. Soek die band met My in Jesus Christus en u het alles gedoen om u siel te red. En poog daarom om aan u kennis te verskaf oor Jesus Christus, die goddelike Verlosser, hou u ore nie dig, wanneer dit na u toe gestuur word nie. Glo, wanneer `n baie nabye einde aan u verkondig word, luister na die verkondigers en dink oor hulle woorde na, want Ek Self spreek u aan deur hulle, omdat Ek u graag sou wil red voor die einde. En dink ook oor die verganklikheid van die wêreld en alle aardse goedere. En sulke goeie gedagtes wil Ek seën, Ek sal u wil sterker maak en u help, dat u die regte weg vind en u bevry van alles wat u nog gevange hou.
Ek wil u help wanneer u maar aan u siel dink en haar wil behoed vir die lot wat sy tegemoet sal gaan, as u uself nie gaan verander nie. Glo tog dat daar vir u nie veel tyd meer oorbly nie en gebruik hierdie tyd ywerig vir die heil van u siel.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205