Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

TOTALE GEESTELIKE OMMEKEER
B.D. 7562 - 29 Maart 1960
`n Geestelike ommekeer ten goede sal nie meer op hierdie aarde plaasvind nie en die mense wat hierdie hoop koester, dink verkeerd en daarom sal hulle verras wees wanneer die verloop van die wêreldgebeure hulle daarvan sal oortuig dat daar nêrens `n geestelike verandering herkenbaar is nie, dat die mense steeds dieper sal wegsink in die duisternis, hoe verder die tyd verloop. Die mense self verander hulself nie meer tot so `n mate, dat Ek van `n ontbinding van die skepping sou kan afstand doen nie. Hulle val steeds meer ten prooi aan My teenstander, hulle vervul sy wense en word daarom steeds ryper vir die ondergang, wat die einde van hierdie aarde vir die mensdom beteken. Daar is egter nog maar min wat die erns van die tyd insien, wat hulle bes doen om hulle lewenswandel te lei volgens My Wil, wie in My glo en daarom barmhartigheid vind in My Oë. En hulle glo ook aan `n einde, omdat hulle die lae geestelike vlak van die mense op voetsoolvlak kan volg en insien dat die aarde ryp is vir die ondergang.
Maar hierdie weiniges kan My egter nie daartoe bring om van die laaste vernietigingswerk af te sien nie, want Ek moet ook aan die nog gekluisterde geestelikes dink, wat hulle ontwikkelingsgang moet voortsit in nuwe skeppings. Ek moet aan die mense dink wat faal, dat hulle weer opgeneem kan word in die positiewe ontwikkelingsproses, dat hulle aan die mag van My teenstander ontruk word. Hierdie mense sal onherroeplik steeds verder in die diepte stort as Ek die aarde verder sou laat bestaan, en dan Ek tewens geen einde maak aan die aktiwiteite van My teenstander nie. Hierdie periode van die aarde moet ten einde loop en `n nuwe moet weer begin, omdat die goddelike ordening andersins nooit tot stand gebring sou word nie, soos dit tog My heilsplan is van ewigheid af. Eens sal elke verlossingsperiode ten einde loop, en vir dit het die tyd nou gekom, waarin die ordening weer tot stand gebring moet word, sodat die ontwikkelingsgang van die geestelike verder kan gaan.
Vir elke mens wat nie streef na die geestelike nie, is dit onbegryplik, maar elkeen wie se gees gewek is en met oop oë om hom heenkyk, moet dit begryp. Die ongeloof en die liefdeloosheid kry die oorhand; die mense hou geen rekening meer met `n voortbestaan na die dood nie, hulle glo nie in Jesus Christus en Sy verlossingswerk nie, hulle lewe `n suiwer wêreldse lewe en dink nie aan die sin en die doel van hulle bestaan nie. En maar selde is `n mens nog te wen vir My en My Ryk. En derhalwe het daar `n geestelike lae vlak ingetree, wat nie anders meer op te hef is nie, as deur `n volledige nuwe ordening, `n "regspraak" en die bring van die geestelike in die vorm wat in ooreenstemming is met die toestand van sy rypheid. En die omvormingswerk aan die ou aarde moet dit tot stand bring, sodat alle vorms vernietig word en dat die daarin gekluisterde geestelikes in ander vorms ingelyf sal word, sodat die positiewe ontwikkeling kan deurgaan. En hiervoor word `n totale ommekeer vereis, geestelik en aards, dit verlang die einde van die ou aarde en die ontstaan van `n nuwe, dit vereis `n tot stand bring van die ordening van ewigheid, wat steeds weer van My kant af deurgevoer sal word, wanneer die tyd uitgeloop is, wanneer `n verlossingsperiode haar einde bereik het, volgens die beskikking van ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205