Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE MENSE KEN NIE HULLE GROOT GEESTELIKE NOOD NIE
B.D. 8633 - 2 Oktober 1963
U mense is nie daarvan bewus in welke nood u uself bevind nie, maar hierdie nood kan nie donker genoeg aan u voorgestel word nie, sodat u self u beste gaan doen om dit op te hef, want u kan dit doen, wanneer u maar die vaste wil voortbring. Maar eerstens sal u self hierdie nood moet insien. U sal moet weet dat u aangekom het aan die einde van `n ewige tyd durende ontwikkelingsgang deur die aardse skepping, dat u in hierdie tyd onbeskryflike kwellinge moes deurstaan en dat u nou as mens hierdie toestand van kwelling sal kan beëindig en as vrye ligwesens binne sal kan gaan in die geestelike ryk. U sal moet weet dat dit vir u die laaste moontlikheid is dat u vrykom uit elke materiële vorm, maar dat u nou in ooreenstemming daarmee, ook u lewenswandel as mens sal moet lei, omdat as u andersins sou faal, die hele eindelose lang gang daarvoor, tevergeefs was. U sal moet weet dat u dan terug sal val in die diepste diepte en opnuut die gang deur die skepping sal moet aflê onder vreeslike kwellinge, gekluister in die materie.
U mense leef onverantwoordelik verder, u dink nie daaraan dat u terwille van `n doel op aarde is nie, u hou u op geen enkele wyse met sulke gedagtes besig nie en sien geen geestelike doel in u bestaan nie, u vra nie na `n God en Skepper nie, uit Wie sowel die skepping, asook uself voortgekom het, u leef onverskillig verder, en wat die deurslaggewendste is: U leef sonder liefde. En slegs die liefde kan u na die laaste voltooiing bring, slegs die liefde waarborg u daardie geluksalige lot in die ewigheid, want slegs die liefde is noodsaaklik sodat u die laaste doel sal bereik: Die uiteindelike vrywording uit die vorm.
Want al gaan u ook na die dood van u liggaam binne in die ryk hierna, dan sal u tog nie in staat wees om u van die aarde los te maak nie en u sal ook dan nog dieper kan wegsink en weer opnuut gekluister word in die materie. Maar die einde kan u, nog op hierdie aarde, ook verras en dan keer u onherroeplik weer na die diepte terug waaruit u uself so ver omhoog gewerk het. En u sal daardie vreeslike lot nogeens moet dra, want Ek kan nie van die wet van die ewige ordening afsien nie, al behoort u ook aan My Liefde, Wie u nooit sal opgee nie. Maar Ek kan die geregtigheid nie omseil nie, wat eweneens by My volmaaktheid hoort.
Steeds weer roep Ek tot u: Besin u - Dit is die laaste kort stadium wat u aflê. Gaan nie `n verkeerde weg wat u onherroeplik na die afgrond sal voer nie, sluit u veeleer by My aan en lê aan My Hand u weg oor die aarde af. Dink goed daaroor na wat die aanleiding en die doel van u bestaan op aarde sou kan wees en waarlik, Ek sal u opheldering daaroor gee, omdat Ek wil dat u die weg na die vaderhuis inslaan, omdat Ek baie verlang na u terugkeer na My en u die vreeslike lot van `n hernieude kluistering kan bespaar. Stel dit duidelik vir uself voor oë dat u uself in groot geestelike nood bevind en sal poog om dit te ontgaan, want dit lê maar net by u wil, om die opgawe te vervul ten behoewe waarvan u uself as mens mag beliggaam.
U sal uself net moet bevry van wêreldse verlange, u sal u lewe op aarde nie as doel op sigself kan beskou nie, dit inteendeel steeds as middel tot die doel moet insien. En dit sal vir u ook moontlik wees om u lewenswandel doeltreffend te lei, as u maar u beste sal doen om `n lewe in liefde te lei. Dan sal u die gevaar van `n mislukking aan die eindtyd ontkom; dan sal u steeds duideliker insien waarom u op die aarde is en u sal u steeds inspan om die Wil van u God en Skepper te vervul, u sal die verhouding van `n kind tot die Vader binnegaan en dan sal die Vader u vasgryp en u na Hom toe trek en u nooit meer in die diepte laat wegsink nie. Luister na My aansporings en waarskuwings, verander u lewenswandel, streef daarna om die ewige lang gang oor die aarde te beëindig, om na die dood van u liggaam binne te kan gaan in die ryk van lig en geluksaligheid. En wanneer u hierdie wil het, sal u ook waarlik die krag daarvoor ontvang, want Ek sal u tot aan die einde help sodat u tot lewe sal kom en nie weer gedoem word om te sterwe nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205