Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

NAWOORD; WAT KAN ONS DOEN?
Elke dag kan ons arbeid aan ons siel verrig, onder andere deur werke van liefde. Ook kan ons elke dag bid deur ons innig met die Vader te verbind en deur middel van gedagtes die woorde te stamel. En so hoef geen dag verlore te gaan nie.
Elke gebed het geestelike seën tot gevolg, vir onsself en ook vir hulle wat ons liefhet en vir wie ons gebede ook bedoel is.
Skenk die Vader u liefde, dan gee u ook u wil aan Hom en dan sal u gedagtes ook steeds op God gerig wees en u siel sal ryper word.
Die ander wat sommer verder lewe, kan so menige dag verlore laat gaan, hulle dink nie aan hulle siele nie, nóg aan die, "waarom ons hier op aarde is", nie.
Nie alleen deur ons doen en late en ons spraak kan ons die mense help nie, ons kan hulle tewens help deur ook vir hulle en hulle sieleheil te bid. En dit sal u en hulle tot seën strek, want die mense moet almal die weg vind na die Vader in Jesus Christus, omdat die vereniging met die Vader die eerste en laaste doel is wat ons sal moet bereik.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205