Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE GROOT GEESTELIKE NOOD VEREIS VLYTIGE ARBEID IN DIE WINGERD
B.D.5817 - 2 Desember 1953
Die nood van die tyd vereis dat buitengewone ywerige arbeid verrig word in My wingerd, omdat alleen hierdeur hierdie nood teengegaan kan word, wanneer dit slaag om die mense vir My ryk te wen, wanneer hulle aan die aardse ryk weinig belang heg en steeds meer poog om slegs vir My te bereik. Die mense weet nie veel meer van My en My ryk nie, hulle ore hoor wel daarvan, maar hul harte weet niks nie en so gaan dit hulle dikwels verby terwyl hul kennis gegee sou kan word, terwyl My ryk so aanskoulik gemaak vir hulle sou kan word, dat hulle aangespoor word om dit te soek. En daarom is slegs een ding nodig: Om vir die mense die kennis daaroor uiteen te sit, dat `n onverganklike ryk op hulle wag na die dood van hul liggaam en dat die ryk in ooreenstemming is met hul aardse lewenswandel.
Die mense moet gewys word op hul einde, op die dood, wat hulle nie kan ontgaan nie en wat buitengewoon vinnig op almal sal afkom, dit moet aan hul duidelik gemaak word dat met die dood van die liggaam hul bestaan nie beëindig is nie, dat hulle nie kan vergaan nie, ook nie wanneer hulle die aardse omhulsel afgelê het nie, dit moet aan hul geloofwaardig gemaak word dat daar `n dood is, maar geen volkome verganklikheid nie en dat die dood `n toestand is van kwelling in kragteloosheid sonder lig, maar wat die siel, omdat sy onverganklik is, moet verdra, terwyl andersins, `n bomatige salige staat, `n ewige lewe in geluksaligheid ook vir die siel beskore kan wees, wanneer die mens op aarde vir die ewige lewe besig is en werk, wanneer hy al op aarde op My en My ryk aanstuur en dus na sy dood deur My Self in daardie ryk binnegelei sal word waar alleen lig en krag en geluksaligheid bestaan. Daar moet nog ywerige arbeid verrig word deur My knegte, wie slegs in opdrag van My en vir My spreek, wie aan die onwetende mense moet oordra wat hulle weet, wat Ek self vir hulle aan kennis laat toekom het, juis ten opsigte van hierdie arbeid in My wingerd.
Die nood is onuitspreeklik groot, omdat die mense nie aan die eintlike doel van hul aardse lewe dink nie, omdat hulle alleen maar lewe vir hierdie aardse wêreld en omdat alles wat na hul liggaamlike dood kom, hulle onverskillig laat. Onmeetlik groot is hul berou wanneer hulle in die ryk hierna insien wat hulle kon bereik het, en uit eie skuld nie bereik het nie.
En daarom moet hulle aangespreek en gewys word op die groot verantwoordelikheid teenoor hulle siel, daarom moet hulle met My ryk bekend gemaak word, hulle moet weet wat hulle te wagte staan wanneer hulle nie verander nie, wanneer hulle hulle sinne geen geestelike rigting gee nie, maar slegs vir die wêreld lewe. Hulle moet te wete kom dat hierdie wêreld met al haar skatte sal vergaan en dat alles waaraan hulle hulle hart hang, van hulle afgeneem sal word, maar dat hulle dit sal bly behou wat hulle aan geestelike skatte verwerf het.
Want niemand moet kan sê, dat hulle nie gewaarsku en nie vermaan was nie. En elkeen moet deur My knegte opmerksaam gemaak word op My en My ryk, en salig is hulle wat luister en probeer om My Ryk te verwerf, salig is hulle wat glo wat aan hulle verkondig word. Want ofskoon hulle die aardse dood sal ondergaan, sal hulle lewe.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205