Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

STRYD TEEN DIE EIELIEFDE
B.D.7557 -23 Maart 1960
Daar word veel van u verlang wanneer u nog geheel deur die selfsug beheer word, want dan beteken dit vir u `n stryd om die egoïsme te oorwin en dit te verander in onbaatsugtige naasteliefde. Maar u sal wel daaraan moet dink dat solank u maar net vir u liggaam sorg, u u selfsug bevredig en dat u vir uself nie die minste geestelike skatte versamel wat eens u rykdom sal uitmaak in die ryk hierna nie.
U sal daaraan moet dink dat u verblyf op hierdie aarde nie vir ewig is nie, maar dat u `n opgawe het om te vervul: Om u wese te verander tot liefde; want u betree die aarde as mens met slegs `n geringe graad suiwer onbaatsugtige liefde wat u nou moet vergroot, wanneer u tenminste nie eers die liefde in u sal moet laat ontbrand nie. Maar die egoïsme beheer u en dit sal u moet onderdruk, wat altyd `n stryd beteken teen alle begeertes wat die vervulling van liggaamlike welbehae verlang. Die aandag moet op die medemens gerig word en die strewe van die mens moet wees om vir hom werke van liefde te verrig wanneer hy homself, dit wil sê sy wese, wil verander tot liefde. Terwille van die naaste moet hy leer om afstand te doen, terwille van die naaste moet hy bereid wees om offers te bring, daar moet van binne af `n drang in hom wees om aan sy medemens goed te doen en sy selfsug sal steeds kleiner word, hoe sterker die wil van die mens is.
En daarom lui die gesegde: "Die hemelryk ly deur geweld en alleen hy wat geweld gebruik, trek dit na hom toe". Wie se eieliefde nog baie sterk is, sal baie krag moet gebruik om haar te verklein, aan hom word die bekoorlikhede van die wêreld voortdurend voor oë gehou, want die teenstander van God sal hom in versoeking bring waar en wanneer hy maar kan en dit sal moeilik wees om al die versoekings te weerstaan, hy sal geweld moet gebruik, maar hy sal slaag, sodra sy wil daarna streef, dat hy sy opgawe op aarde sal vervul om sy wese te verander. Daar sal vir hom krag gestuur word, omdat hy wil dat hy sy doel sal bereik. En omdat hy die doel nastreef, word hy steeds weer op die gebooie van die liefde tot God en die naaste gewys, en as hy van goeie wil is, sal hy eerstens net die vervulling van sy plig in ag neem, hy sal trag om die gebooie van God te vervul, totdat hy dan van binne af aangespoor sal word om in die liefde werksaam te wees; en die stryd teen die eieliefde sal steeds minder word, want hy sal oorwinnaar word van homself, wanneer hy van goeie wil is.
Maar die meeste mense word deur egoïsme beheer, hulle dink maar net aan hulself, die liefde het in hulle afgekoel en daarom kan hulle geen oorwinnaars word nie; hulle sal steeds net aardse voordele soek en nie dink aan hulle lewe na die dood nie. En hulle lot word sal bitter word, want hulle gaan arm en ellendig die ryk hierna in, waarin `n vooruitgang ook swaar sal wees, omdat hulle dan ook nie hulle selfsug wil opgee nie, omdat hulle ook dan slegs aan hulle eie lot dink en die lot van ander siele hulle nie raak nie. Vir hierdie siele is dit besonder moeilik om hulle eieliefde af te lê en hulle sal `n lang tyd in nood en kwelling moet bly, voordat hulle hulself verander en hulle oë na die siele in dieselfde noodtoestand wend.
Daarom kan diegene op aarde geseënd genoem word wat sy eieliefde sal opgee nog voordat hy die aardse lewe moet afgee. Want sodra die siel eenmaal die korrekte liefde leer ken het, is sy ook veel makliker in staat om haar te bevry van dit wat sy andersins nie uit eiebelang wil weggee nie. En dan is die gevaar ook nie meer so groot wanneer sy die ryk hierna binnegaan nie. Sy sal dan ook liefde kan voel vir die naaste en makliker opwaarts klim, sy sal ook eenmaal die geluksaligheid bereik, omdat die liefde in haar groter sal word, hoe meer sy self liefde beoefen. En daartoe sal sy baie geleentheid hê, want God help elke siel, sodat sy haar uit die duisternis kan bevry en die lig bereik.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205