Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die melding van Cirénius oor die weertot- lewe-kom van die 200 skyndooies en sy toenemende belangstelling in die onbekende meisie -Josef het sy bedenkinge - Die drievoudige huweliksreg in die ou Rome

(22 Des 1843)

100 Maar Cirénius het aan Josef gesê: ”O vriend en broer, moet nie bekommerd wees oor die lyke nie, want in hierdie nag is daar ongeveer tweehonderd weer in die lewe gebring en ek was die hele oggend besig gewees om vir hulle huisvesting te sorg! 

[2] En sou daar na verloop van tyd by die puinopruiming nog meer ongeskonde lyke gevind word, dan sal ook vir hulle gesorg word, soos vir diegene wat tot nou toe gevind is. 

[3] Kyk, dit is in kort alles en is by verre nie van so `n groot belang vir my nie as hierdie meisie, wat volgens jou baie geloofwaardige uitspraak die dogter van `n verongelukte Romeinse patrisiër moet wees! 

[4] Laat my daarom eers te wete kom hoe dit met hierdie kind gesteld is, sodat ek dan alles in die werk kan stel wat vir noodsaaklik is vir haar welsyn! 

[5] Kyk, soos ek jou al vroeër gesê het: Ek is `n vrygesel en het geen kinders nie; sy kan eerder beter versorg word wanneer ek, as `n broer van die keiser, haar tot my wettige vrou neem?! 

[6] Veral daarom is die geskiedenis van die meisie my nou steeds toenemend nader aan die hart. 

[7] Stel my daarom dadelik in die geleentheid om met hierdie wondermooie kind gedagtes te bespreek en goed oorleg te pleeg!” 

[8] Josef het nou met Cirénius gepraat: ”Verhewe vriend en broer, jy sê dat jy `n vrygesel is, en tog het jy in Tyrus self aan my gesê, dat jy met `n vrou getroud is, - net by haar het jy geen kinders nie! 

[9] Sê my, hoe moet ek dit verstaan? Jy kan, as Romein, wel `n tweede vrou neem, as die eerste onvrugbaar is; maar hoe jy as getroude man nog `n vrygesel kan wees, werklik, dit verstaan ek nie! Verduidelik dit meer!”  

[10] Cirénius het by hierdie geleentheid geglimlag en gesê: ”Beste vriend, ek sien, dat jy met die wette van Rome nie vertroud is nie; daarom moet ek jou nadere opheldering gee. Luister dus na my: 

[11] Kyk, ons Romeine het `n drievoudige huweliksreg. Twee daarvan is nie bindend nie; net één is bindend. 

[12] Volgens die twee niebindende wette kan ek selfs wel met `n slavin trou; ek het dan nog geen vaste vrou nie, maar slegs `n wettiglike toegestane konkubine en ek is daarby nog vrygesel en kan te alle tye `n vrou wat by my stand pas, neem. 

[13] Die verskil tussen die eerste twee niebindende wette bestaan net hierin, dat ek in die eerste geval `n konkubine kan neem, - sonder die geringste verpligting om haar ooit tot wettige vrou te neem. 

[14] In die tweede geval egter, kan ek ook met die dogter van `n familie van dieselfde stand deur bemiddeling van haar ouers in die huwelik tree, met as voorwaarde om haar tot regmatige vrou te neem as ek één tot drie lewende kinders by haar verwek en ten minste één daarvan `n seun is. 

[15] Eers in die derde geval tree dan die bindende wet in werking, waarvolgens ek eers voor die altaar van Hymyn deur `n daartoe benoemde priester wettiglik met `n vrou in die eg verbind word en dan nie meer vrygesel, maar getroude man is. 

[16] Dus hef by ons die huwelik (nuptidan capere), nòg die proefhuwelik (patrimonium facere), maar alleenlik die werklike huweliksplegtigheid (uxorem ducere) die vrygesellestaat op volgens die wette soos dit tans bestaan. 

[17] Dus ken ons nuptidan capere, patrimonium facere en uxorum ducere, en alleenlik laasgenoemde hef die vrygesellestaat op! 

[18] Kyk, ek is ook daarom des te meer `n vrygesel, omdat ek by my konkubine geen kinders kan verwek nie en sou selfs dan nog `n vrygesel wees as ek kinders by haar sou hê, omdat die kinders van konkubine by ons geen reg op die vader het nie, behalwe as die vader hulle met keiserlike toestemming aanneem! 

[19] Nou weet jy alles en daarom versoek ek jou om my nou nader kennis te laat neem van hierdie geskiedenis van die meisie, want ek is nou vasbeslote om dadelik volkome met haar te trou!” 

[20] Toe Josef dit van Cirénius verneem het, het hy gesê: ”As dit so is, dan wil ek self eers self die meisie op hoogte stel en haar voorberei, sodat so `n aansoek haar nie verswak of selfs sou dood nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205