Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius vra om die hand van Tullia - Sy stel hom op die proef - `n Evangelie oor die huwelik

(27 Des 1843)

102 Nadat hy herstel het, het Cirénius weer met Tullia gepraat: ”Tullia, sou jy my jou hand gee en my wettige vrou word, as ek jou daarom uit die diepste van my hart sou vra?” 

[2] En Tullia het gesê: ”Wat sou u my wel aandoen, as ek u dit sou weier?” 

[3] En Cirénius het gesê, ietwat opgewonde, maar steeds vanuit `n warm hart: 

[4] ”Dan sou ek dit aan Hom as `n offer bring, wat jy in jou arms dra en sou daarna verdrietig hiervandaan weggaan!” 

[5] Tullia het Cirénius verder gevra en gesê: ”Wat sou u dan wel doen, as ek Hom, wat nou op my arm rus, om raad sou vra wat ek moet doen 

[6] En Hy my sou afraai om u voorstel aan te neem en sou Hy my laat verstaan dat ek trou moet bly aan die huis, wat my so buitengewoon vriendelik opgeneem het?” 

[7] Cirénius was ietwat onthuts oor hierdie vraag, maar het daarna tog ietwat verleë gesê: 

[8] ”Ja dan, My lieflikste Tullia, dan sou ek natuurlik sonder teëspraak dadelik afstand doen van my wens! 

[9] Want teen die wil van Hom, aan wie alle elemente gehoorsaam is, kan die sterflike mens nooit in opstand kom nie. 

[10] O, vra die Kindjie tog dadelik, sodat ek so gou moontlik weet waar ek staan!” 

[11] Die Kindjie het homself dadelik opgerig en gesê: ”Ek is geen Heer oor hierdie wêreld nie! Daarom is julle, wat My betref, vry wat alle wêreldse sake betref!  

[12] Het julle in julle harte egter ware liefde vir mekaar, dan mag julle nie ontrou wees nie! 

[13] Want daar bestaan vir My geen ander huwelikswet as die een wat met gloeiende letters in julle harte geskryf staan nie! 

[14] Het julle mekaar volgens hierdie lewende wet al op die eerste oogopslag herken en met mekaar verbind, dan mag julle nie meer van mekaar skei nie, as julle teenoor My nie wil sondig nie! 

[15] Ek ag geen wêreldse huweliksband geldig nie, maar alleen dié van die hart; 

[16] Wie dit breek, is voor My `n werklike egbreker! 

[17] Jy, My Cirénius, het in jou hart werklik `n baie groot liefde vir hierdie dogter ontwikkel; daarom mag jy jou hart nie meer van haar afkeer nie! 

[18] En jy, dogter, reeds met die eerste oogopslag het jou hart vir Cirénius ontvlam, daarom is jy vir My al sy vrou en hoef dit nie eers nog te word nie! 

[19] Want vir My geld geen uiterlike advies of teenadvies nie, maar alleen die raad van julle harte is vir My geldend. 

[20] Bly hierin dus vir ewig getrou, as julle nie tot werklike egbrekers voor My wil word nie! 

[21] Vervloek is egter hy, wat om wêreldse redes die dinge van die liefde, wat uit My is, sou verraai! 

[22] Want wat is meer: Die lewende liefde wat uit My is, of die wêreldse redes wat uit die hel stam? 

[23] Wee egter ook die liefde wat die wêreld as grondslag het, dit is vervloek!” 

[24] Hierdie woorde van Die Kindjie het gemaak dat almal hewig geskrik het, en niemand het dit durf waag om verder meer iets te sê insake die huwelik nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205