Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Herhaalde versoek van Cirénius om Eudokia te mag behou - Die onveranderlike nee van die Kindjie – Eudokia se verset - Die oorwinning van die gees in Cirénius. Maria se troostende woorde aan Eudokia

(30 Des 1843)

105 Toe Cirénius Eudokia teenoor Tullia gesien het, het hy gevind dat sy aansienlik mooier was as Tullia en dit het hom seergemaak om nou vir altyd afskeid van haar te moes neem. 

[2] En hy het die Kindjie daarom nog `n keer gevra of hy haar dan nie ten minste as dienshulp of geselskapsdame vir Tullia sou mag hou nie. 

[3] Maar die Kindjie het gesê: ”My Cirénius! Jy kan soveel diensmeisies in jou huis neem soos wat jy wil, maar, 

[4] alleenlik Eudokia nie! Haar moet jy hier laat en wel, omdat Ek dit vir jou welsyn so wil hê!”  

[5] Toe Eudokia dit alles gesien en duidelik gehoor het hoe hierdie onmondige Kind Cirénius op gebiedende toon geantwoord het, 

[6] het dit haar ontstel en sy het gesê: ”Maar om alle gode se ontwil, wat gebeur hier? `n Onmondige kind gebied hom, vir wie Asië en Egipte bewe as hy praat?! 

[7] En die hoë gebieder luister angstig na die Kind wat so vasberade gebied en voeg homself gewillig na Sy uitsprake?! 

[8] As ek dit wat ek hoor, goed verstaan, moet ek van Cirénius skei, sodat `n ander my plek sal inneem! 

[9] O, dit sal nie so maklik gebeur soos die onmondige Kind miskien dink nie! 

[10] Dit sou vir jou, magtige Cirénius, tog sekerlik `n suiwer skande wees as jy jou deur hierdie Kind sou laat beveel! Wees daarom `n man en `n Romein!” 

[11] Toe Cirénius dit van Eudokia gehoor het, het hy homself opgewen en gesê: 

[12] ”Ja Eudokia! Juis nou sal ek jou laat sien dat ek `n man is en `n Romein! 

[13] Kyk, ook al sou die Kind op Tullia se arm nie van Goddelike afkoms gewees het nie, dan sou ek Hom tog gehoorsaam het as Hy so met my praat! 

[14] Die Kind is egter van die allerhoogste Goddelike afkoms en dus wil ek Hom des te meer gehoorsaam, wat Hy ook al van my wil hê! 

[15] Wat sou jy liewer wil hê: Doen wat die Kind van alle kinders wil hê, of vir ewig sterwe?” 

[16] Hierdie woorde van Cirénius het `n groot uitwerking op Eudokia gehad. 

[17] Weliswaar het sy begin huil, omdat sy nou meteens soveel heerlikheid sou mos verlaat, 

[18] maar toe het sy daarby gedink dat die raadsbesluit van `n God nie meer te verander is nie; en dus het sy in hierdie beskikking berus. 

[19] Nou het Maria egter na Eudokia toe gegaan en aan haar gesê: ”Eudokia, wees nie verdrietig oor hierdie ruiling nie! 

[20] Want jy gee maar `n geringe heerlikheid weg, om in die plek daarvan `n heerlikheid van `n baie groter en ander aard te ontvang! 

[21] Kyk, ook ek is `n koningsdogter, maar die koninklike heerlikheid het lankal alreeds vergaan en nou is ek `n diensmaagd van die Heer, en dit is `n groter heerlikheid as alle koninkryke van die wêreld!” 

[22] Hierdie woorde het `n diep indruk op Eudokia gemaak en sy het moed geskep in die huis van Josef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205