Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se dank - Die edelmoedigheid en die wysheid van die beskeie Josef - Cirénius dra agt arm kinders ter opvoeding oor aan Josef

(03 Jan 1844)

107 Cirénius het nou aan Josef gesê: ”Geagte vriend en broer! In jou huis het ek nou in elke opsig my grootste geluk gevind; sê my nou, welke loon jy vir jouself van my verlang! 

[2] O, vertel my, hoe kan ek jou ook maar enigsins in die geringste mate vergoed vir wat jy alles vir my gedoen het? 

[3] Maar hou daarby geen rekening met hierdie villa, wat as beloning vir jou sekerlik te gering en ellendig is!” 

[4] En Josef het gesê: ”O broer en vriend, wat dink jy wel van my?! 

[5] Dink jy dan, dat ek `n handelaar in liefdadigheid is en alleen die goeie doen terwille van `n beloning? 

[6] O, hoe sterk vergis jy jou nou, as jy dit van my dink! 

[7] Kyk, ek weet van niks wat ellendiger is as `n betaalde weldoener en `n betaalde weldaad nie! 

[8] Werklik, mag ek vervloek wees, asook die dag en die uur waarop ek gebore is, as ek van jou ook maar `n stater* sou wou aanneem! *(`n klein antieke Griekse muntstuk. HAT, Perskor, 1994, bladsy 1008. )  

[9] Neem jy daarom nou maar baie welgemoed jou vrou, die gereinigde Tullia, tot jou; wat jy vir haar en vir nog so `n menigte armes sal doen, dit sal ek altyd beskou en aanneem as `n goeie loon vir wat ek vir jou gedoen het! 

[10] Verskoon die huis egter van elke skenking, want wat ek het, is genoeg vir ons almal! Wat sou die doel van meer wees? 

[11] Jy dink miskien dat ek vir Eudokia `n soort losiesgeld sou vra? - O, wees maar gerus daaroor! 

[12] Ek neem haar op as `n dogter en sal haar in die barmhartigheid van God opvoed. 

[13] Waar vind jy `n vader wat homself vir die opvoeding van sy dogter nog iets deur iemand anders sou laat betaal?! 

[14] Ek sê vir jou, dat Eudokia meer werd is as die hele wêreld; daarom is daar op die hele wêreld geen aanvaarbare loon, wat vir haar aangebied sou kon word nie! 

[15] Die groot loon wat ek vir al my dade het, kyk, Hy lê nou in die arms van Eudokia!” 

[16] Toe Cirénius hierdie groot onbaatsugtigheid van Josef opgemerk het, het hy diep ontroerd gesê: 

[17] ”Waarlik, voor God en alle mense op aarde staan jy daar as `n mens van alle mense! 

[18] Dit sou vergeefse moeite wees om jou met woorde te roem, want jy is bo elke menslike woord verhewe! 

[19] Maar ek weet wat ek sal doen om jou te laat sien hoe buitengewoon hoog ek jou ag en waardeer. 

[20] Ek sal jou `n geskenk gee, wat jy sekerlik nie sal afwys nie! 

[21] Kyk, ek het in Tyrus drie meisies en vyf jong seuns van baie behoeftige ouers, wat al gesterf het, gevind! 

[22] Hierdie liewe kinders sal ek hier na jou laat bring, sodat hulle deur jou opgevoed kan word! 

[23] Jy kan daar volkome verseker van wees, dat ek vir hulle onderhoud sal sorg. 

[24] Sal jy my dit ook weier? Nee, Josef, my verhewe broer, dit sal jy sekerlik nie doen nie!” 

[25] En Josef het heeltemal ontroerd gesê: “Nee, broer, dit sal ek jou nooit weier nie! Stuur daarom hierdie kinders so spoedig moontlik hierheen; hulle sal op die beste wyse versorg word in alles wat hulle nodig het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205