Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Tullia in koninklike klere en Eudokia se verdriet - Die troostende woorde van die Kindjie vir Eudokia en Eudokia se vreugdetrane - Maria se medelewendheid

(08 Jan 1844)

110 Die koninklike klere vir Tullia was in `n kort tydjie aangebring en sy is daarmee getooi, soos reeds gesê. 

[2] Maria het haar kleed teruggeneem, dit gewas en dit toe weer vir haarself gehou. 

[3] Cirénius wou vir Maria weliswaar ook daarvoor koninklike klere gee, 

[4] maar sowel Maria as Josef het dit plegtig van die hand gewys. 

[5] Toe Eudokia egter Tullia in haar ware koninklike prag gesien het, het haar gemoed vol geword, sodat sy heimlik begin sug het. 

[6] Maar die Kindjie het saggies aan haar gesê: ”Eudokia, Ek sê vir jou, sug nie vanweë die wêreld nie, maar sug vanweë jou sonde, dan sal dit met jou beter gaan! 

[7] Want kyk, Ek is meer as Cirénius en Rome; as jy My het, dan besit jy meer as wanneer jy die hele wêreld sou besit! 

[8] Maar as jy My volkome wil besit, dan moet jy berou hê oor jou sonde, ten gevolge waarvan jy onvrugbaar geword het! 

[9] As jy egter uit liefde tot My berou het oor jou sondes, dan eers sal jy na die mate van jou liefde tot My besef, wie Ek eintlik is! 

[10] As jy My eenmaal sal ken, dan sal jy gelukkig wees asof jy die vrou van die keiser self sou wees! 

[11] Want kyk, die keiser moet daar goed oor waak, dat hy nie van die troon afgestoot word nie! 

[12] Ek is egter genoeg vir Myself! Geeste, sonne, mane, planete en al die elemente is aan My gehoorsaam; en nogtans het Ek geen bewakers nodig nie, en laat My selfs deur jou op die arms dra, ten spyte daarvan jy `n sondares is! 

[13] Wees dus kalm en huil nie, want jy het ontvang wat Tullia ontneem is, toe sy die koninklike kleding ontvang het! 

[14] En dit is oneindig veel meer as die goudglimmende koningskleding, wat dood is en die dood bring, 

[15] terwyl jy die Lewe op jou arms dra en die dood in ewigheid nie sal smaak nie, as jy My liefhet!” 

[16] Hierdie woorde van die Kindjie het so `n heilsame uitwerking op Eudokia se gemoed gehad, dat sy van louter vreugde in hoogsgeluksalige verwondering begin te huil. 

[17] Maria het egter opgemerk dat Eudokia se oë vol vreugdetrane is; sy het daarom na haar toe gegaan en haar gevra: 

[18] ”Liewe Eudokia, wat is dit met jou, dat ek soet trane van vreugde in jou oë ontdek?” 

[19] En Eudokia het na `n diepe sug van geluksaligheid geantwoord: 

[20] ”O, gelukkigste moeder op die hele aarde, kyk, jou Kindjie het wonderbaarlik tot my gespreek! 

[21] Waarlik, sulke woorde kan sterflike mense in al hulle wêreldwysheid nie praat nie, maar alleen gode is in staat tot sulke woorde! 

[22] My hart is nou vervul met die groot gedagtes en vermoedens! Dit styg uit `n verborge diepte in my op soos helder sterre uit die see en daarom huil ek van verrukking!” 

[23] En Maria het gesê: ”Eudokia, wees maar geduldig! Na die sterre sal ook die son kom; in die lig daarvan sal jy eers gewaar word, waar jy is! - Maar wees nou stil, want Cirénius kom hierheen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205