Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria se verbasing oor die aanhoudende besoekers – Josef se troos - Die eerbied van die engele vir die Kindjie en die toespraak van die aartsengele - Die gemeenskaplike aandete

(11 Jan 1844)

113 Josef het daarop dadelik na die kamer gegaan en Maria en Eudokia vertel wat hy nou gesien het, en wat daar in die kombuis gebeur het. 

[2] Maria en Eudokia was daaroor uiters verbaas en Maria het gesê: 

[3] ”O groot God, ons is tog ook geen sekonde veilig vir U besoekers nie! Nouliks is die een buite die deur of daar kom al weer honderd nuwes in sy plek! 

[4] O Heer, wil U ons dan heeltemal geen rus gun nie? Moet ons dalk alweer vlug, hierdie keer miskien vir die Romeine? Of waartoe moet hierdie verskyning lei?” 

[5] Maar Josef het gesê: ”Liewe Maria, wees nie onnodig besorg nie! Kyk, ons is op hierdie aarde immers suiwer maar net reisigers en die Heer is ons gids! 

[6] Waar die Heer ons heen wil lei, daarheen volg ons Hom ook, geheel en al in oorgawe aan Sy heilige wil, want Hy alleen weet immers wat en waar dit vir ons die beste is! 

[7] Kyk, jy is steeds angstig as die Heer ons iets nuuts stuur; ek daarenteen is daaroor steeds vol vreugde, want ek weet nou immers dat die Heer altyd vir ons beswil sorg! 

[8] Vanoggend het die Heer my swaar beproef; ek was daaroor baie hartseer. 

[9] Maar die verdriet het nie lank geduur nie; die dooie is opgewek en leef! Ek is weer vol blydskap en sien nou uit na `n goeie en geseënde aandete! 

[10] Doen jy net so, dit sal jou baie beter laat voel as al jou vergeefse jeugdige vrees en angs!” 

[11] Hierdie woorde van Josef het Maria gerusgestel en sy het nou selfs baie nuuskierig geword om die nuwe kokke in die kombuis te sien. 

[12] Sy het dus opgestaan om te gaan kyk, maar op dieselfde oomblik het Josef se seuns, belaai met spyse, die kamer binnegekom en al die jongmanne het hulle met die allergrootste eerbied gevolg. 

[13] En toe hulle in die nabyheid van die Kindjie gekom het, het hulle plotseling op hulle knieë neergeval en Hom aanbid. 

[14] Maar die Kindjie het hom opgerig en tot die jongmanne gespreek: ”Staan op, aartsengele van My oneindige hemele! 

[15] Ek het julle gebede verhoor! Julle liefde wil My ook hier in My nederigheid dien, maar Ek, julle Heer van die ewigheid af, het julle dienste nog nooit nodig gehad nie! 

[16] Maar omdat julle liefde so groot is, mag julle drie aardse dae hier bly om hierdie huis te dien. Maar laat niemand buiten hulle wat hier in die huis is, merk wie julle is nie! 

[17] Hou nou egter die aandete met My pleegvader en met haar wat My gebaar het, met hierdie dogter wat My op haar hande dra, met die drie soekendes en met My broers!” 

[18] Toe het die jongmanne opgestaan, Maria het die Kindjie geneem en almal het aan tafel gaan sit en saam met Josef die loflied gesing en baie gelukkig en vrolik geëet en gedrink. 

[19] Die aartsengele in die gedaante van jongmanne het egter van saligheid geween en gesê: 

[20] ”Waarlik, voor ons oë het ewighede van die grootste geluksaligheid verbygegaan; 

[21] maar al die gelukkigsaligste ewighede weeg nie op teen dié oomblik, waarop ons met die Heer aan tafel die maaltyd nuttig, ja, aan die tafel van Sy kinders by wie Hy in al Sy volheid aanwesig is! O Heer, laat ons ook U kinders word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205