Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria in gesprek met Zuriël en Gabriël - Die Kindjie wys op die nuwe ordening in die hemel en op aarde – Eudokia se weetgierigheid met betrekking tot die aartsengele

(12 Jan 1844)

114 Toe hulle klaar die aandete genuttig het en almal daarna saam met Josef `n danklied aan die Heer gebring het, het een van die jongmans aan Maria gesê: 

[2] ”Maria, geseënde onder die vroue op aarde, herinner jy jou nie meer aan my nie? Is ek nie die een wat in die tempel so dikwels met jou gespeel het en wat jou altyd `n goeie spys en `n soet drankie gebring het nie?!” 

[3] Nou het Maria fyntjies gelag en gepraat: ”Ja, ek herken jou; jy is Zuriël, `n aartsengel! Maar jy het my dikwels ook baie geterg, deurdat jy wel met my gepraat het, maar jou nie laat sien het nie! 

[4] En ek moes jou dikwels urelank smeek, om jou daartoe te oorreed om jou te laat sien!” 

[5] Die jongeling het daarop gesê: ”Kyk, geseënde moeder, dit was die wil van die Heer, wat jou buitengewoon liefhet! 

[6] Soos die hart, die setel van die liefde, voortdurend in jou klop en jou hele wese stu en pla, 

[7] so is dit ook die aard van die liefde van die Heer om Sy geliefdes voortdurend te stu, aan hulle te trek en hulle te pla, maar ook juis daardeur die lewe te vorm en dit duursaam te maak vir die ewigheid!” 

[8] Maria het baie bly geword oor hierdie verduideliking en het die groot goedheid van die Heer geloof. 

[9] `n Ander jongeling het hom ook tot Maria gewend en gesê: ”Geseënde maagd! Herken jy my ook? Dit sal nie veel langer as een jaar gelede wees dat ek jou in Nasaret besoek het nie!” 

[10] En Maria het hom aan sy stem herken en gesê: ”Ja ja, jy is Gabriël! Waarlik, niemand is aan jou gelyk nie, want jy het die aarde wel die grootste tyding gebring en die heil vir alle volkere!” 

[11] Maar die jongeling het Maria geantwoord: ”O geseënde maagd, aan die begin het jy jou vergis, want kyk, die Heer het reeds met my begin om Hom vir die uitvoering van Sy grootste daad met die kleinste en geringste middele te bedien! 

[12] Daarom is ek wel die geringste en kleinste in die ryk van God, maar nie die grootste nie! Ek het wel aan die aarde die grootste en mees heilige boodskap gebring, 

[13] maar daarom is ek nie so asof daar in grootheid niemand aan my gelyk sou wees nie; maar wel omgekeerd, soos ek naamlik die geringste is in die ryk van God!” 

[14] Toe was sowel Maria as Josef verbaas oor die groot nederigheid van die jongeling. 

[15] Maar die Kindjie het gesê: ”Ja, hierdie engel het gelyk! In die begin was die grootste die mees naaste aan My. 

[16] Maar hy het homself egter verhef en wou aan My gelyk wees en My oortref en het homself daarom van My verwyder. 

[17] Daarom het Ek toe hemel en aarde geskape en `n nuwe orde ingestel, dat net die geringe die naaste aan My sou wees! 

[18] Toe het Ek vir Myself al die nederigheid van die wêreld gekies en daarom sal alleenlik hulle by My die grootste wees wat net soos Ek sowel in die wêreld as in hulleself die geringstes en die nederigstes sal wees! 

[19] En dus het jy, My Gabriël, vanuit jou standpunt gelyk en hierdie moeder het ook gelyk; want daarom is jy die grootste, omdat jy sowel vanuit jouself en innerlik die geringste is!” 

[20] Toe die Kindjie sulke woorde tot die jongeling Gabriël gespreek het, het alle jongmanne dadelik op hulle knieë neergeval en Hom aanbid. 

[21] Eudokia het hulle egter ondersoekend aangekyk, want sy het nie geweet wat sy van hierdie besonder mooi jongmanne moes dink nie. 

[22] Sy het wel gehoor dat `n mens hulle 'aartsboodskappers' noem en wel uit die ryk van God, maar sy het gedink dat Palestina en ook Bo-Egipte daarmee bedoel word. Sy het dus gevra of hulle dalk gesante was.  

[23] Maar `n jongeling het egter gesê: ”Eudokia, wees geduldig! Kyk, ons bly immers drie dae hier en sal mekaar nog wel beter leer ken!” Eudokia was tevrede hiermee en het haarself spoedig ter ruste begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205