Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die voorbereiding vir Cirénius se bruilofsmaaltyd - Die hoogagting van die engele vir die baddende Kindjie - Die liggame van die moordenaars deur die badwater van die Kindjie tot nuwe lewe gewek

(Jan 1844)

116 Die oggend, al vroeg voor sonsopkoms, was daar `n groot bedrywigheid in die huis van Josef. 

[2] Die jongmans het saam met die seuns van Josef die stal en die kombuis versorg, want daar moes heelwat vir die bruilofsete van Cirénius voorberei word. 

[3] Josef het self met `n paar jongmanne, naamlik Zuriël en Gabriël, na buite gegaan die lyke besigtig en hy het aan beide gesê: 

[4] ”Wat moet ons met hulle doen? Sal ons hulle nog moet begrawe voordat Cirénius uit die stad kom?” 

[5] Die jongmans het gesê: ”Josef, moenie bekommerd wees daaroor nie, want die landvoog moet juis sien, welke mag daar in jou huis woon! 

[6] Daarom bly hierdie lyke lê totdat Cirénius kom en hy mag hulle dan self laat opruim!” 

[7] Josef was tevrede met hierdie beslissing en het met beide na binne gegaan. 

[8] Toe hulle die kamer binnegekom het, was Maria juis besig om die Kindjie te bad, waarby Eudokia haar - waar moontlik – gehelp het. 

[9] Die tweetal het vol van die grootste eerbied bly staan met die hande voor die bors gekruis, vir solank die Kindjie gebad is! 

[10] Toe die Kindjie gebad was en weer skoon kleertjies aangehad het, het Hy Josef dadelik met `n bepaalde doel voor oë na Hom toe geroep en gesê: 

[11] ”Josef, op die grondgebied wat aan hierdie huis behoort, mag niemand om die lewe kom nie! 

[12] Die rede dat Ek jou roep is, dat jy die water neem en dit bewaar. 

[13] As Cirénius uit die stad kom en die gewurgdes sien lê, neem dan die water en besprinkel hulle. Hulle sal dan ontwaak en voor die staatsregbank gelei word. 

[14] Maar bind eers vooraf elke lyk se hande agter sy rug vas, sodat as hulle ontwaak, hulle nie dadelik na wapens gryp om hulleself te verdedig nie!” 

[15] Toe Josef dit gehoor het, het hy met die hulp van die twee dadelik gedoen wat die Kindjie gesê het; 

[16] en toe hy die laaste lyk se hande vasgebind het, het Cirénius ook al in volle mondering met `n groot gevolg uit die stad daar aangekom. 

[17] Hy het hewig geskrik by die aanblik van hierdie vasgebinde lyke en het haastig gevra wat hier gebeur het. 

[18] Maar Josef egter, het nadat hy hom alles vertel het, die water na hom toe laat bring en die lyke dadelik besprinkel, waarop hulle soos uit `n diepe slaap ontwaak het. 

[19] Cirénius, wat intussen van alles op hoogte geplaas was, het hierdie persone wat tot lewe gewek is, dadelik na die staatsgevangenis laat bring. 

[20] Toe almal saam met diegene wat die lewe gelaat het, onder streng bewaking weggevoer is, het Cirénius hom saam met sy bruid in die kamer begeef en daar die God van Israel bo alles geloof en geprys.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205