Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se ontstemming vanweë die verraaiers -Josef wys op die hulp van die Heer - Cirénius en die engele -Josef gee opheldering - Die magtige wonder van die engele

(Jan 1844)

117 Hierdie gebeurtenis het Cirénius egter nogtans ietwat ontstem en hy het nie geweet wat hy nou met hierdie verraaiers moes doen nie. 

[2] Daarom het hy na Josef toe gegaan en dit met hom bespreek; maar Josef het hom geantwoord: 

[3] ”Hou goeie moed, my broer in die Heer! Want hierdeur sal geen haar van jou krom gemaak word nie! 

[4] Kyk, jy is op aarde beslis my grootste vriend en weldoener, maar wat sou al jou vriendskap my vannag tog gehelp het?! 

[5] Hierdie huurmoordenaars kon my vannag met my hele huis gekook en gebraai het sonder dat jy daar iets van sou verneem het, sodat jy vanoggend, toe jy hier gekom het, niks meer van my sou gevind het nie! 

[6] Wie was toe my redder? Wie het die geheime planne van die booswigte reeds lankal deursien en het my toe op die regte tyd hulp gestuur? 

[7] Kyk, dit was die Heer, my God en jou God! - Hou dus goeie moed, want ook jy is nou in die albeskermende hand van die Heer en Hy sal nie toelaat dat daar ook maar `n haar van jou gekrom word nie!” 

[8] Met `n ontroerde hart het Cirénius, aan die sy van sy Tullia, wat haarself met die Kindjie besig gehou het, Josef vir hierdie trooswoorde gedank. 

[9] Op dieselfde oomblik het hy albei die mooi jongmans gesien en ook opgemerk dat daar nog meer van hulle in die kombuis aanwesig was. 

[10] Hy het daarom aan Josef gevra waar hierdie buitengewoon mooi en lieflike jongmans vandaan kom en of hulle dalk ook geredde ongelukkiges was. 

[11] Maar Josef het gesê: ”Kyk, elke meester het sy dienaars; jy weet immers wel, dat my Kindjie ook `n Heer is! 

[12] Kyk, dit is Sy dienaars; dit is ook hulle, wat vannag die huis van ondergang bewaar het! 

[13] Raai egter nie uit welke land hulle kom nie, want daar sal jy niks uitrig nie, omdat hierdie helpers oor `n onbeskryflike mag en krag beskik!” 

[14] Dus sal hulle dit jou nie vertel nie en met dwang sal jy ook niks met hulle uitrig nie, deurdat hulle te magtig en eindeloos sterk is!” 

[15] En Cirénius het gesê: ”Is hulle dan halfgode, soos ons hulle het in ons mitologie?’ 

[16] Hoe kan dit wees? Sou julle dan naas die een God ook sulke halfgode hê, wat daartoe bestem is om sowel aan die mense as aan die hoofgod goeie dienste te bewys?” 

[17] Josef het gesê: ”O broer, jy vergis jou geweldig! Kyk, van halfgode is by ons ewiglik nooit ter sprake nie, 

[18] maar wel van uiters geluksalige geeste, wat nou engele van God is, maar wat voorheen net soos ons op aarde geleef het. 

[19] Maar swyg oor wat jy nou van my gehoor het asof jy dit nooit gehoor het nie, anders sou dit jou liggaamlik erg kon beskadig!” 

[20] Nou het Cirénius sy vinger op sy mond gelê en gesweer om tot aan sy dood te swyg. 

[21] Die twee jongmans het nou na Cirénius toe gekom en aan hom gesê: ”Kom nou saam met ons na buite sodat ons ons krag aan jou kan toon!” 

[22] En Cirénius het saam met hulle na buite gegaan en kyk,`n berg ver op die agtergrond het op `n woord uit die mond van een van die jongmans verdwyn! 

[23] Nou eers het Cirénius die rede verstaan waarom hy moes swyg en hy het dan ook sy hele lewe lank daaroor geswyg, asook almal wat by hom was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205