Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se sorge vanweë die voorskrifte oor die viering van die Pasga - Die gerusstellende uitleg van die engele – Josef se nuwe sorge deur die aanwesigheid van baie heidene - Die heerlike antwoord van die Kindjie

(19 Jan 1844)

120 Na die beëindiging van die voortreflike oggendete wat ongeveer `n uur geduur het, is die lofsang deur Josef gespreek, waarna almal van die tafel af opgestaan het. 

[2] Daar die dag egter `n voorsabbat - dus `n feesdag was - waarop die Pasga van die Judeërs geval het, was Josef `n bietjie ongerus en hy het hier te midde van suiwer Romeine nie geweet het hoe hy hierdie fees sou moes vier nie.

[3] Want hy het geweet, dat hulle hom ewegoed ook op die sabbat van die Pasga sou besoek. 

[4] Daarom was hy, soos gesê, onrustig daaroor hoe hy hierdie buitengewoon belangrike sabbat moes heilig. 

[5] Toe het die Jongmans om hom kom staan en gesê: ”Luister na ons, regverdige, maar onnodig besorgde man! 

[6] Jy weet, in hierdie tyd ook dat die engele van God altyd in Jerusalem verskyn as aartsengele, gerubs en serafyne. 

[7] En die Allerheiligste word steeds deur hulle bewoon, soos jy weet en soos jou vrou dit weet. 

[8] Omdat jy egter weet, dat ons net die Heer navolg en nie die tempel in Jerusalem nie, is ons dus ook nie in die tempel nie. 

[9] Toe die Heer nog in die tempel in Jerusalem gewoon het, was ook ons in die tempel. 

[10] Maar nou woon Hy hier en dus is ook ons hier om met jou die Pasga te vier en geeneen van ons is in die tempel, wat nou geheel en al verlate is nie! 

[11] Hoe sou jy die Pasga beter kan vier as deur te doen soos ons?! 

[12] Kyk, ons sal môre dieselfde doen wat ons vandag gedoen het en nog gaan doen en dit sal reg wees! 

[13] Doen jy dieselfde en jy sal met ons die Sabbat en die Pasga op die korrekte wyse vier in die volste teenwoordigheid van die Heer van die Sabbat en van alle feeste! 

[14] Vra die allerverhewenste Kindjie en Hy sal jou getrou presies dieselfde te kenne gee!” 

[15] En Josef het gesê: ”Dit is alles korrek, goed en waar, maar hoe is dit dan met die wet van Moses? Is dit opgehef?” 

[16] Maar die jongmans het gesê: ”Regverdige man, jy vergis jou; sê ons, het Moses ooit verorden dat die Pasga in Jerusalem gevier moet word? 

[17] Het hy dan nie bepaal dat die fees alleenlik daar gevier sal word waar die Heer en die verbondsark is nie?! 

[18] Kyk, nou is die Heer nie meer by die verbondsark nie, maar Hy is liggaamlik by jou en by jou huisgesin! 

[19] Sê nou met reg waar moet dan volgens Moses die Pasga gevier word?” 

[20] En Josef het gesê: ”As dit die geval is, dan moet die fees sekerlik hier gevier word! Maar wat doen ons met die baie heidene hier?” 

[21] En die jongmans het gesê: ”O regverdige seun van Dawid, bekommer jou nie daaroor nie, maar doen wat ons sal doen, en alles sal in orde wees!” 

[22] Nou het die Kindjie verlang om met Josef te praat (by welke geleentheid die jongmans neergekniel het) en Hy het gesê: 

[23] ”Josef, wat vandag geld, dit geld ook môre en oormôre; maar wees nie bekommerd vanweë die onbesnedenes nie, want hulle is nou beter as die besnedenes! 

[24] Kyk, aan die besnydenis van die voorhuid is niks geleë nie, maar wel alles aan die besnydenis van die hart! 

[25] Hierdie Romeine het egter `n edel besnede hart; daarom vier Ek die Pasga ook met hulle en nie met die Judeërs nie!” 

[26] Deur hierdie woorde het Josef weer sy ewewig laat herwin; hy is vervul van vreugde en het alle sorge vir die Pasga aan die jongmans oorgelaat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205