Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef, deur Cirénius vir die Pasga na sy kasteel uitgenooi, raak in gewetensnood omtrent die Pasga -Die gerusstellende woorde van die Kindjie -Josef gee toe

(20 Jan 1844)

121 Nadat die viering van die Pasga aldus gereël was en Josef homself na alles geskik het, 

[2] het Cirénius na Josef gekom en gesê: ”Verhewe vriend en broer, kyk, vandag was ek jou gas en sal dit tot vanaand bly; 

[3] maar môre sal ek in my kasteel `n klein fees berei en ek nooi almal in jou huis daarvoor uit, net soos julle hier byeen is, 

[4] en ek hoop dat jy my hierdie vriendskap nie sal weier nie! 

[5] Want ek nooi jou nie uit as vergoeding nie, maar ek doen dit vanuit my groot liefde en agting wat ek vir jou en jou hele familie koester. 

[6] Kyk, ek het die terugreis daarom op oormôre vasgestel, want ek kan hier nie so lank bly nie soos ek my dit aanvanklik voorgeneem het nie! 

[7] Dringende sake noop my om my planne te verander. 

[8] Juis daarom sou ek graag een keer die geluk wil hê om jou by my te onthaal en dit beslis op `n wyse wat jou waardig is!” 

[9] Nou het Josef opnuut geskrik en nie geweet wat hy moes doen nie, want hy het voor die heilige Pasgasabbat gestaan wat hy tog ten minste in sy eie huis wou vier. 

[10] Hy het daarom aan Cirénius gesê: ”Waarde vriend en broer in die Heer! 

[11] Kyk, môre is by ons Judeërs die belangrikste feesdag wat elke Judeër ten minste binne sy eie mure moet vier, as hy alreeds nie na die tempel te Jerusalem kan gaan nie! 

[12] Ek sou myself bitter verwyt indien ek hierdie belangrikste van ons wette sou verontagsaam; 

[13] daarom kan ek jou in hierdie opsig werklik niks beloof nie! 

[14] As jy egter na my wil kom om jou voorgenome fees in my huis, wat eintlik ook aan jou behoort, te vier, dan sal dit vir my uiers aangenaam wees!” 

[15] En Cirénius het gepraat: 'Maar “broer, is jy dan ongelowiger as ek, `n heiden van geboorte af volgens jou woorde?! 

[16] Wat is dan jou Kind? Is Hy nie die Heer van wie al jou wette vanaf die begin is nie?! 

[17] Is die jongmans nie Sy oorspronklike dienaars nie?! Het Hy wat so almagtig in die arms van Sy jong moeder rus, nie die reg om die wette te bepaal nie?! 

[18] As Hy my sou hoor, sou jy ook dan nog jou feesdag belangriker ag as Sy Goddelike woord?” 

[19] Nou het die Kindjie Hom opgerig en gesê: ”Ja, Cirénius, jy het waar gespreek; maar hou dit alles vir jouself! 

[20] Môre is ons almal jou gaste, want waar Ek is, daar is ook die ware Pasga! Ek is immers die bevryder van die kinders van Israel uit Egipte!” 

[21] Toe Josef dit gehoor het, het hy sy Pasga laat vaar en die uitnodiging van Cirénius aangeneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205