Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gevaarlike tempel - Die swerm swart vlieë - Die ineenstorting van die tempel - Die geselskap in die ope lug onder die vyeboom

(25 Jan 1844)

125 Toe die hoogte van hierdie berg op dié manier van alle ongediertes gesuiwer was, het Cirénius aan sy dienspersoneel gesê: 

[2] ”Gaan die tempel binne en vee dit skoon en bedek die altaar met skoon lappe en plaas dan die voedselvoorraad wat ons meegeneem het, daarop! 

[3] Ons sal dan in hierdie mooi uitsigtempel `n klein versterking tot ons neem!” 

[4] Dadelik het die dienaars van Cirénius gedoen wat aan hulle opgedra was. 

[5] Toe alles aldus gereël was, het Cirénius Josef en Maria uitgenooi om hom in die uitsigtempel te volg om daar `n klein versterking en verversing te neem. 

[6] Maar Josef het gesê: ”Broer, ek sê vir jou, laat alles spoedig uit die tempel haal, anders stort hy ineen voordat jy al jou goed daaruit gehaal het! 

[7] Want kyk, die gebou is al uitermate oud, verweerd en wankelrig en het eens die priesters gedien tot groot skandelikhede! 

[8] Daarom word dit nou nog slegs aanmekaar gehou deur enkele bose geeste! 

[9] As ek nou met my vrou en die Kindjie die wankelrige gebou sou binnegaan, dan sal die bose geeste daaruit wegvlug en die hele tempel sal dan in rokende puinhope oor ons hoofde inmekaarstort. 

[10] Ek vra jou daarom, volg my raad op en dit sal goed met jou gaan!” 

[11] Cirénius was hieroor baie verbaas, maar het die raad van Josef tog onmiddellik gevolg. 

[12] Sy dienaars was, hoewel hulle in baie haastig gewerk het, nog maar nouliks met hierdie werk klaar of `n mens sien `n groot swerm swart vlieë met swermende gezoem uit die tempel sien ontsnap. 

[13] By die verskynsel het Josef die dienaars toegeroep: ”Verlaat die tempel so gou as moontlik, anders ly julle skade!” 

[14] Soos deur `n stormwind gedrywe het die dienaars van Cirénius op hierdie kreet van Josef uit die tempel gestorm. 

[15] Toe hulle nog maar nouliks enkele treë van die tempel verwyderd was, het dit met groot lawaai inmekaargestort.  

[16] Almal was ontsteld en het van verbasing hulle hande saamgeslaan; selfs die drie getroue leeus wou daarvandaan weghardloop, maar het naderhand weer teruggekom. 

[17] Almal het mekaar afgevra wat die rede van die voorval was, maar van alle heidene - met uitsondering van Cirénius - kon niemand aan die ander `n antwoord gee nie. 

[18] Toe die geselskap ietwat van die skrik herstel het, het Cirénius aan Josef gevra waar wel `n veilige plek was, waar hy (`n tafel) kon laat dek vir die verversings. 

[19] Josef het aan hom `n groen oop plekkie aangewys onder `n bergvyeboom, wat vol blomme en vrugte was. 

[20] En Cirénius het dadelik sy mense daarna toe gestuur om die plek skoon te maak en daarna baie sierlik te dek en daar allerlei verversings wat hulle meegeneem het, op te dis.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205