Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius probeer Josef via Tullia gunstiger te stem –Josef se trouhartige woorde van vriendskap - Die blus van die brand deur die wilskrag van die twee jongmans

(27 Jan 1844)

127 Hierdie hoogs ernstige woorde wat deur Josef uitgespreek is, het `n diep indruk op Cirénius gemaak en hy het nie geweet wat hy daarop moes sê nie. 

[2] Hy het ook dit nie durf waag om aan die kennelik ietwat opgewonde man, nog `n woord te sê nie. 

[3] Daarom het hy aan Tullia gesê: ”Gaan jy na die wyse man toe en verduidelik aan hom my vergeeflike paniek en die opwinding van my gemoed wat daardeur bewerkstellig is! 

[4] Vra hom om vergewing en gee aan hom die versekering dat ek hom nooit meer so-iets sal aandoen nie! 

[5] Hy mag egter hierdie keer my nie in die steek laat en my nie sy hulp onthou nie!” 

[6] Josef het egter goed gehoor wat Cirénius aan Tullia gesê het. 

[7] Hy het dan ook opgestaan, na Cirénius toe gegaan en gesê: ”Edele vriend en broer in God die Heer! Tot nog toe het ons geen bemiddelaars nodig gehad nie, 

[8] maar ons het steeds openlik aan mekaar ons wedersydse wense uitgespreek! 

[9] Waarom moet jou vrou onderhandelaar word, asof ons nie in staat sou wees om dit te doen nie?! 

[10] Dink jy dalk, dat ek om die een of andere rede kwaad sou word?! 

[11] O kyk, dan sou jy jou sekerlik in my vergis! My erns is alleen die vrug van my groot liefde vir jou! 

[12] `n Vriend is sleg wat sy vriend in geval van nood nie ook ernstige woorde kan laat verneem nie! 

[13] As daar werklik iets sou wees in die saak, waar jy nou so besorgd oor is, dan kon jy daar tog van verseker wees, dat ek jou daar eerste op attent sou gemaak het, soos ek dit nog steeds by elke geleentheid gedoen het! 

[14] Dit is hier niks anders as `n algeheel niksseggende sinsbedrog van die kant van die bose geeste wat van hier verdryf is nie! 

[15] Hulle oefen nou blinde wraak uit en wil ons onrustig maak, omdat ons hulle hier uit hulle ou nes verdryf het. 

[16] Kyk, dit is alles so! Indien jy my vooraf `n vraag sou gestel het, voordat jy jou so opgewen het, dan sou dit nie eens vir jou nodig gewees het om op te staan nie! 

[17] Maar jy het dadelik op jou sintuie vertrou en jou tevergeefs opgewen oor niks! 

[18] Gaan nou maar weer rustig sit en kyk bedaard na die brand en wees daarvan verseker dat dit gou sal ophou!” 

[19] Cirénius was by hierdie mededeling van Josef natuurlik baie verbaas en hy het dit nie verstaan nie, 

[20] maar nogtans het hy geglo wat Josef gesê het, hoewel hy daar niks van verstaan het nie. 

[21] Josef het nou in die teenwoordigheid van Cirénius aan die twee jongmans gesê: 

[22] ”Kyk julle ook een keer na die plek waar diegene wat verdryf is, hulle moedswilligheid bedrywe, sodat daaraan `n einde kom en my broer gerus kan wees!” 

[23] En die twee het dit gedoen - en kyk, op dieselfde oomblik was daar van die brand geen spoor meer te sien nie! 

[24] Nou eers het Cirénius effens beter verstaan wat Josef hom vantevore te kenne gegee het en hy was nou weer opgewek; maar vir die twee jongmans en vir Josef het hy `n geweldige respek gekry.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205