Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius beken sy onwetendheid in geestelike sake en vra om lig - Die antwoord van die engele was `n groot en helder getuienis oor die wese van die Heer en Sy menswording - Die seën van die Kindjie oor Cirénius

(31 Jan 1844)

130 Beide die jongmans het daarna niks meer gesê nie; maar Cirénius was deur hierdie verklaring te nuuskierig om te rus. 

[2] Toe hy na `n wyle weer moed geskep het, het hy aan die jongmans gesê: 

[3] ”Hoog verhewe en beslis ewige dienaars van God! Julle verduideliking is te wonderbaarlik verhewe en bekoor my hele lewe te veel as dat ek my tevrede sou kon stel met dit wat julle my vertel en aangetoon het. 

[4] Ek weet nou wel volkome dat ek `n verstands- en natuurmens is, wat geheel en al geen hoër wysheid het nie en wat nouliks verder as `n kort afstand sien as verstaan; 

[5] sou dit egter nie moontlik wees om my `n klein bietjie meer insig te gee nie?! 

[6] In alle nederigheid vra ek julle daarom! Open vir my `n vaste vermoë tot insig wat sekerlik in my dieper ligtende vermoë tot insig geleë is, 

[7] sodat ek ten minste dit, wat julle my vertel het, duideliker sal kan verstaan!” 

[8] Maar albei sê: ”Kyk, andersins so liewe vriend en broer, nou vra jy om iets, wat op dié tydstip voortydig en onmoontlik is! 

[9] Want solank jy nog in `n vleeslike liggaam leef, kan jy nooit die dinge van die hoogste Goddelike wysheid verstaan nie! 

[10] Dink jou eers in: God die Heer, wat in Sy eindelose en ewige volheid hier in hierdie Kindjie woon, sou tallose menigtes van die pragtigste en allergrootste wêrelde en aardes, waarvan jy in die nag `n eindeloos kleinste deeltjie as sterretjies aan die hemel sien, 

[11] vir Sy menswording kon gekies het! En tog het Hy hierdie armsalige aarde uitverkies, wat tog onder al die tallose hemelliggame in elke opsig die armsaligste en ellendigste is! 

[12] Maar dit het Hom, die ewige Heer van die oneindigheid, so behaag; dat Hy dit gedoen het, soos wat dit nou sigbaar is vir ons! 

[13] Dink jy egter dat Hy daarvoor ons raad nodig gehad het of wel ook ons goedkeuring?! 

[14] O nee, dit sou `n fundamentele denkfout wees! Hy doen van ewigheid alleen wat Hy wil en nog nooit was iemand Sy raadgewer gewees nie! 

[15] Want wie kan Hom vra: ”Heer, wat doen U, en waarom doen U dit?” 

[16] Hy self is in Homself ewig die hoogste voleinding, die hoogste wysheid, die grootste liefde en sagmoedigheid! 

[17] Hy is in Homself die enigste allerhoogste krag en mag; één gedagte in Sy hart oor vernietiging en alles verdwyn oombliklik in die niet! 

[18] En kyk, tog laat Hy Homself hier as `n swak mensekind liefkoos op die arms van `n tere Judese maagd! 

[19] En Hy, wat van ewigheid tallose sonne, wêrelde en eindelose veelsoortige wesens ryklik voorsien het van lewegewende, uiterste wyse en doelmatige voeding, drink op hierdie skraal aarde self aan die swak borste van `n vyftienjarige meisie! 

[20] Hy as die fundamentele lewe van al die lewe het self die kleed van die dood en van die sonde aangetrek en het Homself gehul in vlees en bloed! 

[21] Wat sê jy dan daarvan? Hoe lyk dit vir jou? Sou jy daar ook nie meer lig op wou hê nie?! 

[22] Kyk, net so min as wat jy dit ooit in diepte kan verstaan, kan aan jou hier oor die vroegtydige praatvermoë van hierdie allerhoogste Kind meer gesê word. 

[23] Jy moet Hom egter liefhê met alle krag wat in jou is en Hom nêrens verraai nie, dan sal jy ook in hierdie liefde iets vind, wat alle hemele jou andersins in ewigheid nie kan openbaar nie!” 

[24] Hierdie woorde het Cirénius vervul met so `n hoë agting vir die Kind, dat hy dadelik voor Hom neergeval en wenend gepraat het: ”O Heer, ek is in ewigheid so `n barmhartigheid, wat ek hier geniet, nie waardig nie!” 

[25] Die Kindjie het gesê: ”Cirénius, staan op en verraai My nie! Ek ken immers jou hart en het jou lief en seën jou; staan daarom op!” En Cirénius het dadelik opgestaan, heeltemal bewend van liefde en respek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205