Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die bergtop in newels gehul - Heidense vrees vir die gode - Die moed van Cirénius deur die woede van die onweer op die proef gestel - Die onweer verstom op die magswoord van die Kindjie Jesus

(03 Feb 1844)

132 Maar dit het nie eers `n kwartier geduur nie, of die bergspits het homself opeens in newel begin hul en wel so dig, dat dit terdeë donker geword het. 

[2] Die hele geselskap van Cirénius het begin kla en gesê: 

[3] ’Nou het ons dit! Zeus sal ons hier mooi bedien! 

[4] Die gesegde: ”Ver van Zeus, ver van die weerlig” is hier nie van toepassing nie! 

[5] Ons kan hier almal wel baie ellendig omkom, want sterflinge mag die gode nie oormatig nader nie, as hulle veilig op aarde wil lewe!” 

[6] Maar Cirénius het ietwat skertsend gesê: ”Nou kan julle gode almal saam ietwat van my hou! 

[7] Ek het `n beter God gevind, van wie nie gesê kan word nie: ”Ver van Hom, ook ver van die weerlig!” 

[8] Maar by Hom is dit presies omgekeerd: ”Ver van Hom, ver van die lewe - en baie naby aan die dodelike weerlig!” 

[9] Maar naby Hom beteken dan ook soveel: as “Naby aan die lewe en baie ver van die dodelike weerlig!” 

[10] Daarom is ek ook glad nie bang vir hierdie newel nie want ek weet immers, dat ons almal nog baie ver van die dodelike weerlig verwyderd is!” 

[11] Cirénius het dit nog skaars gesê of `n knetterende weerligstraal het presies voor die geselskap in die grond geslaan en na hierdie een het daar nog spoedig `n legio van hulle gevolg! 

[12] Dit het Cirénius `n bietjie verras en sy metgeselle het gesê: ”Hoe vind u dit na u vroeëre uitlating?”

[13] En Cirénius het gesê: ”Baie goed, want dit is `n egte vreeslike spektakel, waarby nog niemand van ons die lewe verloor het nie! 

[14] Dit lyk vir my asof julle gode hier die broer van die keiser - en nog Iemand anders gewaar het! Daarom doen hulle ons hierdie eerbetoon aan!” 

[15] Maar `n hoofman uit die geselskap van Cirénius, wat nog taamlik sterk onder die pantoffel van die gode gestaan het, het aan die skertsende Cirénius gesê: 

[16] “'Maar ek smeek u, keiserlike konsulêre hoogheid, maak hier tog geen grappies met die gode nie! Want hoe maklik sou die vinnige Mercurius Zeus daarvan in kennis sou kon stel - en dan sou ons almal deur één weerligstraal verlore wees!' 

[17] En Cirénius het nog meer skertsend voortgegaan: ”My liewe hoofman, gaan wat dit betref, baie rustig op die grond sit! 

[18] Want Mercurius het nou van Zeus ewigdurende huisarres gekry, terwyl Zeus self van Juno so `n flink oorveeg gekry het, dat hoor en sien hom daardeur vir ewig vergaan het! 

[19] Daarom kan jy wat dit betref, nou baie gerus wees, want van nou af aan sal Zeus nie veel meer met blits en donder te doen hê nie!” 

[20] Dit het hierby egter steeds hewiger begin en baie angsaanjaend te donder en die hoofman het opgemerk: 

[21] ”O, u keiserlike konsulêre hoogheid sal sekerlik nog hewig spyt wees oor hierdie smaadrede aan die gode!” 

[22] Maar Cirénius het gesê: ”Vandag sekerlik nie; miskien môre, as daar aan my soveel tyd toegestaan sal word! 

[23] Want kyk, as ek net soos jy en soveel ander dwase bang vir die gode sou wees, dan sou ek juis nou tydens hierdie see van vuur nie so gepraat het nie! 

[24] Omdat ek egter die gode totaal nie meer vrees nie, daarom praat ek so!’ 

[25] Daarmee was die hoofman se aangeleentheid afgehandel en hy het toe nie verder durf waag om met die keiserlike hoogheid te praat nie! 

[26] `n Weerligstraal het egter presies tussen Josef, Maria en beide die jongmans ingeslaan. 

[27] Toe het die Kindjie homself opgerig en gesê: ”Haal jou masker af, jou monster!” 

[28] Op hierdie woord het alle wolke meteens na benede geval. Die hemel het heeltemal rein geword, maar op die grond het `n mens nou `n menigte ongediertes sien rondkruip. 

[29] Beide die jongmans het hulle blik na die grond gerig en al die ongediertes het gedeeltelik die bos ingevlug, terwyl sommiges egter vernietig is! 

[30] Hierdie optrede het almal wat hulleself saam met Cirénius op die berg bevind het laat verstom, want `n mens het nie geweet hoe dit kon gebeur het nie.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205