Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verhoor van die dienaars van Cirénius - Die angs van die dienaars vir die drie regters - Die ontdekking van die verraaiers - Die wonderbaarlike regsaak van die leeus

(08 Feb 1844)

136 Cirénius het onmiddellik ook sy dienaars gewek en hulle ontbied ter verantwoording oor die vraag oor hoe so `n verraad plaasgevind het. 

[2] Die dienspersoneel het geskrik oor wat hulle gesien het en het aan die vertoornde landvoog gesê: 

[3] ”Hoogs strenge, baie regverdige en baie magtige meester! Die gode moet ons getuies wees, dat ons van dit alles niks geweet het nie. 

[4] Mag ons almal kinders van die dood wees, as ons ook maar net die geringste deel daaraan gehad het of net die minste daarvan geweet het!” 

[5] En Cirénius het gesê: ”Bring dan hierdie lyke na buite en begrawe hulle op die oop plein voor hierdie kasteel as afskrikwekkende voorbeeld vir al diegene wat ook ietwat by hulle verstand is!” 

[6] Maar die dienaars het groot angs vir die drie leeus wat nog rondom Cirénius die beleëring streng volgehou het en hulle het gesê: 

[7] ”O meester, meester! Kyk, ons durf dit nie waag om hier enigiets aan te raak nie, want die drie wilde diere sien so grimmig daar uit en sou met ons dieselfde kon doen soos wat hulle met hierdie muiters gedoen het!” 

[8] En Cirénius het gesê: ”Wie van julle `n opregte gewete het, kom na vore, dan kan hy homself daarvan oortuig dat ook hierdie grimmige diere respek het vir getrouheid!” 

[9] Na hierdie woorde van Cirénius het almal op één na vorentoe gekom en die leeus het hulle nie die minste kwaad aangedoen nie. 

[10] Maar Cirénius het aan hom wat agtergebly het, gevra: ”Waarom bly jy dan terug, terwyl jy tog sien dat jou kamerade nie die minste deur die leeus beledig word nie?” 

[11] En die ondervraagde het gepraat: ”Heer, meester, wees my barmhartig, want ek het `n onsuiwer gewete!” 

[12] Cirénius het hom gevra: ”Waaruit bestaan dan die onsuiwerheid van jou gewete? Spreek, as jy nie wil sterf nie!” 

[13] En die ondervraagde het gesê: ”Heer, meester, ek het sedert gisteroggend van hierdie verraad geweet, maar ek wou u glad nie daarvan in kennis stel nie, omdat ek omgekoop was met honderd pond silwer! 

[14] Want ek het by myself gedink, dat u tog wel in elk geval gered sou word, soos die wyse man daarbuite in die huis gered is en dus het ek die silwer aangeneem.” 

[15] Nou het Cirénius opgespring en gesê: ”Moet elke eerlike mensevriend dan ook `n duiwel onder sy dienaars en vriende hê?! 

[l6] Jy, ellendige skurk, kom hier en tree aan voor die oordeel van God! Vind jy barmhartigheid vir die oordeel, dan sal ook ek jou nie veroordeel nie! 

[17] Vind jy egter voor hierdie oordeel geen barmhartigheid nie, dan is jy alreeds vir ewig geoordeel!” 

[18] Nou het die ondervraagde en aldus die aangespreekte begin bang word en het bewusteloos inmekaargesak. 

[19] Toe het daar `n leeu opgestaan en na die bewustelose man geloop, hom aan sy hand geneem en hom baie behoedsaam na Cirénius gesleep, waar die skuldige onbeweeglik bly lê het. 

[20] Hierna het dieselfde leeu ylings in die oop kamer gespring en daar `n sak beetgepak, dit te voorskyn getrek en in duisend stukkies geskeur. 

[21] En die honderd pond silwer, wat die dienaar vir sy swye ontvang het, het te voorskyn gekom. 

[22] Cirénius was nie min verbaas oor hierdie verskynsel nie. 

[23] Die leeu het daarna die skuldige opnuut aan die arm geneem, hom die sykamer ingetrek en hom presies op die plek neergelê, waar die sak vantevore gelê het. 

[24] Daar het hy hom `n paar oorveë met sy stert toegedien, wat die bewustelose weer tot sy sinne gebring het, maar het hom verder niks anders aangedoen nie. 

[25] Daarop het die leeu weer na sy vorige plek teruggekom en hom saam met sy twee kamerade baie rustig gedra. 

[26] Die dienspersoneel het nou begin om op bevel van Cirénius die lyke op te ruim. En Cirénius het die God van Israel geloof en geprys, dat Hy hom so wonderbaarlik gered het en binne `n uur was die slaapkamer weer volkome gereinig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205