Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Broederlike toespraak van Cirénius aan sy berouvolle dienaar en sy opname in die geselskap - Die afgunstige dienaars en Cirénius se antwoord aan hulle

(13 Feb 1844)

140 Toe Cirénius egter die groot dankbaarheid van hierdie dienaar gesien het en sy groot berou, het hy hom getroos en gesê: 

[2] ”Kyk, my nuwe broer in die Heer, ons mense is almal vol foute voor God, maar God vergeef ons ons misstappe as ons dit erken en berou daaroor het; 

[3] en tog is God gewyd, terwyl ons almal groot sondaars voor Hom is! 

[4] Wanneer die Heilige egter vergeef, waarom sou ons sondaars mekaar ons foute dan nie vergewe nie?! 

[5] Solank `n mens homself nie verlaag het tot `n ware furie nie, solank bly ook die barmhartigheid van God oor hom; 

[6] het die mens op hierdie wêreld egter eenmaal `n volledige duiwel geword, dan het God Sy barmhartigheid van hom weggeneem en het hom oorgelewer aan die oordeel van die hel! 

[7] Daarom is ook die twintig wat jou omgekoop het, deur die leeus verskeur, - want hulle was alreeds duiwels; 

[8] jy is egter gespaar, omdat jy maar net verlei en blind was en nie geweet het wat jy gedoen het nie! 

[9] God die Heer het Sy barmhartigheid nie van jou weggeneem nie en het jou oë geopen, sodat jy tot volledige insig van jou sonde gekom het. 

[10] Jy het berou oor die sonde wat jy erken het en God het jou sonde vergewe. 

[11] Daarom vergeef ook ek jou die vergryp jeens my en maak jou sodoende tot my vriend en tot my broer in die Heer! 

[12] Ek verhef jou daarom en lei jou na my heilige, verhewe geselskap. 

[13] Wees daarom nou welgemoed en volg my, sodat jy deur my verhewe vriend geseën kan word tot `n waaragtige broer!” 

[14] Hierdie werklik heerlike woorde van Cirénius aan die ontroue dienaar wat hom voorheen verraai het, het `n baie goeie uitwerking gehad. 

[15] Die dienaar is daardeur getroos en versterk, hy het opgestaan en onder `n stortvloed van trane het hy Cirénius na die geselskap gevolg. 

[16] Toe hy daar aangekom het, het Josef dadelik sy hande opgehef en die dienaar geseën en daarby niks anders gesê as: ”Die Heer sy met jou!” 

[17] Daarna het Cirénius opdrag gegee om dadelik pragtige klere te gaan haal en dit vir die dienaar aan te trek, 

[18] en het aan hom dadelik `n erenaam toegeken en hom daarna `n broederkus gegee. 

[19] Vervolgens het Cirénius al sy dienaars byeengeroep en het hierdie nuwe broer aan hulle voorgestel en hulle gebied om hom te gehoorsaam. 

[20] Maar die dienaars het gesê: ”Hoe kan u nou `n regverdige regter wees, as u die verraaier verhoog en ons verneder, ons wat altyd aan u die grootste getrouheid bewys het?” 

[21] ”Is julle bekommerd daaroor”, het Cirénius gesê, as ek goed en barmhartig is? Wie van julle het by my ooit iets te kort gekom? En tog het nog nooit een van julle sy lewe vir my op die spel geplaas nie! 

[22] Hierdie een hier was altyd die minste onder julle en hy het sy lewe vir my op die spel geplaas; deur sy daad is ek van my vyande bevry! Verdien hy daarom nie hierdie rang nie?” 

[23] Nou was die dienaars stil en weer met hulle werk voortgegaan en was tevrede met hierdie beslissing. 

[24] Een van die jongmans uit die hemel het egter gesê: ”Presies so sal dit ook eens in die Ryk van God wees! Daar sal meer vreugde oor `n berouvolle sondaar wees as oor negeen- negentig regverdiges, wat nooit gesondig het nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205