Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Dankgebed en nederigheid van Josef - Liefdestryd van Cirénius met Josef oor die tafelrangskikking – Josef se wyse raad en Cirénius gee toe

(15 Feb 1844)

142 Eers nadat alles so versorg en gereël was, het Josef sy oë ten hemel gehef en die God van Abraham, Isak en Jakob gedank. 

[2] En toe hy sy dankgebed beëindig het, het hy met sy mense aan die onderste punt van die koninklike versorgde tafel van Cirénius plaasgeneem. 

[3] Maar Cirénius het dadelik haastig na Josef toe geloop en met hom gepraat: 

[4] ”Nee, nee, my verhewe vriend en broer, so kan dit nie wees nie, want die fees gaan oor jou en nie oor my nie! 

[5] Jou plek is dus daar aan die hoof van die tafel en nie hier aan die onderste punt nie! 

[6] Staan daarom op en laat jou deur myself daar aan die tafel, waar dit met goud gedek is, waar ek vir jou `n plek sal aanwys, laat aansit en wel met al jou verwante! 

[7] Hiér sal my mense sit en lê, want so het ek dit self verorden!” 

[8] Maar Josef het gesê: ”Cirénius, kyk, juis omdat ek jou opregte vriend en broer is, bly ek met my mense hier op hierdie plek sit! 

[9] Want kyk, by my verloor jy niks nie, ook al sit ek hier op die onderste plek, 

[10] maar by hulle wat net soos jy hoë staatsampte beklee, verloor jy baie as jy hulle nie op die beste plekke plaas nie! 

[11] Laat dit dus so goed wees! In dié wêreld sal die wêreld haar voordeel hê, maar in die Ryk van God sal die omgekeerde die geval wees - want daar sal die laastes die eerstes aan die tafel van Abraham, Isak en Jakob wees!” 

[12] Maar Cirénius het gesê: ”O broer, ek het met vreugde uitgesien na hierdie dag, omdat ek aan jou, `n koningseun, ook `n koninklike eer sou kon bewys. 

[13] Nou het die helfte van my vreugde egter verdwyn, omdat ek jou, vir wie dit alles bedoel is, heeltemal onderaan moet sien sit! 

[14] Broer, gaan dan ten minste op die middelste plek sit, sodat ek aan tafel tog nader aan jou kan sit!” 

[15] En Josef het gesê: ”Maar my geliefde broer, jy wil tog nie kinderagtig wees nie?! 

[16] Jy weet immers, dat ek altyd en oral in die ordening moet bly, wat God die Heer my in my hart voorskryf! 

[17] Waarom wil jy my dan verlei om buite hierdie orde te handel? 

[18] Plaas jou groot en glansryke vriende boaan; jy as gasheer kan gaan sit waar jy wil, daar elke plek jou toekom! 

[19] En daarmee is hierdie saak afgehandel; aan die goue gedekte plekke sal jou ryksgenote wel die eerste plek herken, en hulle sal hulself hoogs vereerd voel as jy sulke ereplekke vir hulle reserveer en `n laere vir jouself kies!” 

[20] Cirénius het die woorde van Josef verstaan en aan sy hoë ryksgenote die vernaamste plekke aangewys, 

[21] en hyself het met Tullia aan die middel van die tafel gaan sit. 

[22] En dus was alles goed gereël; die hooggeplaastes was verheug dat hulle boaan kon sit. 

[23] Cirénius was vergenoegd met die middelplek, en Josef met sy mense was baie bly, dat hy ook tydens hierdie luisterryke fees binne die ordening van God kon bly.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205