Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die godsoekende hoofman, wat baie vraaglustig is - Die goeie antwoord van die priester oor die leer van God en sy belydenis van die enig ware God - Josef skeep die vraende hoofman af

(16 Feb 1844)

143 Die oggendmaaltyd het ongeveer `n uur lank geduur en daar is tydens die ete baie oor allerlei dinge gepraat. 

[2] `n Hoofman wat ook meegedoen het aan die bergklimmery, het aan die einde van die maaltyd aan een van die drie voormalige onderpriesters gevra: 

[3] ”Luister eers na my! Kyk, ons het `n godeleer, waarvolgens dit wemel van die gode, waarheen ons ons blik ook maar wend; 

[4] Ek het egter nog nooit iets van `n God gesien of waargeneem nie! 

[5] Ek het dikwels oor duisende dinge gedroom, - maar nooit oor enige Godheid nie! 

[6] Wie van ons mense wat nou leef kan gewetenstrou verklaar: ”Ek het Zeus of enige ander Godheid dan ook gesien en gespreek!”? 

[7] Aangesien ons tog ook net so goed mense is soos hulle, wat in die oudheid na bewering omgang met die gode gehad het, 

[8] sien ek dus nie, waarom die gode ons nou so in die steek laat en hulleself nie in die minste meer oor ons bekommer nie! 

[9] Sou u, as `n voormalige priester, my dan nie daarvoor een of ander blywende rede kon aanvoer nie?” 

[10] Maar die onderpriester het gesê: ”Liewe vriend, ek versoek jou om alles ter wêreld: vra my nimmer na sulke uiters dwase dinge nie! 

[11] Ons gode is niks anders as reine eendagsvlieë nie, wat ontspruit aan die poel van ons domheid. 

[12] Omdat ons in ons domheid niks beters kan ontdek as die moerasagtige voortbrengsel van ons eie fantasieë nie, gee ons die voorkeur daaraan en stel hulle vir onsself as gode voor, 

[13] bou tempels vir hulle en aanbid daarin die nietigste produkte van ons domheid. 

[14] Kyk, dit is die gode, vir wie ons tempels gebou het en waarvan dit in Rome wemel! 

[15] Ja, daar is wel `n egte God, maar Hy was altyd heilig en ons wesens, wat in ons harte uiters onrein is, kan Hom nie waarneem nie, maar wel Sy werke! 

[16] Wil jy oor hierdie God egter meer te wete kom, wend jou dan tot daardie rein Judeër; ek sweer jou dit: Hy sal Hom sekerlik van nader leer ken!” 

[17] Met hierdie inligting was die hoofman tevrede, want hy het presies die antwoord gekry, wat hy al so lank gesoek het. 

[18] Hy het dan ook na Josef gegaan en aan hom sy wens te kenne gegee. 

[19] En Josef het gesê: ”Goeie man, alles het sy tyd! Sodra jy daarvoor ryp is, sal dit aan jou geopenbaar word; stel jou daarom voorlopig met hierdie belofte tevrede!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205