Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die plan van Josef en Cirénius om die nagemaakte Allerheiligste te bekyk - Beswaar van die Kindjie Jesus -Josef in verleentheid - Maria se verhelderende woorde en die goedkeuring van die Kind - Nog onderwys aan die hoofman

(17 Feb 1844)

144 Toe die hoofman wat na God gesoek het, op hierdie manier afgeskeep was, het Josef aan Cirénius gesê: 

[2] ”Broer, laat ons nou ook eenkeer die Allerheiligste gaan bekyk!” 

[3] En Cirénius het met groot vreugde hom gevoeg by die versoek van sy bo alles gewaardeerde vriend. 

[4] Maar die Kindjie het homself opgerig en aan Josef gesê: 

[5] ”Luister na My, troue versorger van My liggaam! Jy het self so pas aan die hoofman wat na God soek, gesê: 

[6] ”Alles het sy tyd; eers wanneer jy daarvoor ryp is, sal die verdere aan jou geopenbaar word! Met hierdie belofte moet jy jou voorlopig tevrede stel!” 

[7] Dus sê Ek dan ook hier voor die binnegaan in sowel die simboliese as nagemaakte Allerheiligste: 

[8] Ook die binnegaan het sy tyd! Julle almal is nog nie ryp daarvoor nie; en as julle egter ryp word, dan sal Ek dit deur My dienaars vir julle laat open!

[9] Stel julle jul ook voorlopig met hierdie belofte tevrede!” 

[10] Josef en Cirénius het mekaar nou met groot oë aangekyk en die een was nog meer verleë as die ander. 

[11] En Josef het aan Maria gesê: ”Dit lyk goed as die Kindjie my nou al voorskrifte gee, wat nog in die luiers is! 

[12] Wat sal Hy wel nie doen as Hy tien jaar sal wees en wat as Hy twintig is?” 

[13] Maar Maria het aan Josef gesê: ”Maar liewe vader Josef, hoe kan jy nou ook swak word?! 

[14] Die engele laat jou tog deur hulle oorgrote nederigheid sien wie hierdie Kindjie is! 

[15] En die talle wondere, wat om ons heen gebeur, is tog ook `n suiwer en sonklare bewys vir hierdie groot wonderlike waarheid van alle waarhede. 

[16] Kyk, ek, jou getroue vrou en diensmaagd, sien baie goed, wat agter die woorde van die Kindjie skuil! 

[17] Doen dit, en ek glo dat ek by voorbaat daarvan oortuig is, dat daar weldra `n ander wind sal begin waai!” 

[18] En Josef het daarna weer aan Maria gevra: ”Ja, wat is dit dan, wat ek nou moet doen?” 

[19] En Maria het gesê: ”Kyk na die man wat soek, en wys aan hom met wysheid, Hom wat hy soek, wat hy waan ver van hom af te wees , terwyl Hy tog so naby is!” 

[20] En die Kindjie het Josef vriendelik glimlaggend aangekyk en het daaraan nog toegevoeg: 

[21] ”Ja, ja, My geliefde Josef, jou vrou het gelyk:, gaan na die hoofman toe en onderrig hom! 

[22] Want kyk, vir hulle wat vra, soek en aanklop, moet die lang geslote poort van My Ryk oopgemaak word! 

[23] Maar jy moet nie regstreeks met jou vinger na My wys nie, want dit is nog nie My tyd nie; jy weet immers, dat alles sy tyd moet hê!” 

[24] Toe het Josef die Kindjie gesoen en na die hoofman toe gegaan en aan hom gesê: 

[25] ”Kom en luister, waarna jy verlang, jy sal dit ontvang!” En die hoofman het vol vreugde na die woorde van Josef geluister.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205