Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vraag van die hoofman oor die koms van Christus - Uitleg van Josef oor die wese van Christus - Die woorde van die onderpriester oor die einde van die heidense tempels -Oor die lewende tempel in die hart van die mens

(19 Feb 1844)

145 Toe aan die hoofman die hooflyne van die Goddelike leer deur Josef aanskoulik uitgelê is, en hy sodoende ook ander aanwysings oor Christus ontvang het, 

[2] het hy baie diep nagedink en na `n rukkie gevra wanneer hierdie Messias sou kom. 

[3] Maar Josef het geantwoord en gesê: ”Hierdie Messias, wat alle mense van die juk van die dood sal bevry, en wat die gevalle aarde weer met die hemele sal verbind, is alreeds daar!” 

[4] Die hoofman het verder gevra en gesê: ”As hierdie Messias al daar is, sê my dan waar Hy is en waaraan `n mens Hom kan herken!” 

[5] Josef het daarop geantwoord en gesê: ”Dit staan my nie vry om Hom met die vinger aan te wys nie! 

[6] Maar wat die herkenningsteken betref, daarvan kan ek jou ewenwel die een en ander vertel. 

[7] Kyk, die Messias sal allereers die lewende Seun van die allerhoogste God wees wat tot dusver aan jou onbekend was! 

[8] `n Allersuiwerste maagd sal Hom op hoogs wonderbaarlike wyse uitsluitend deur die krag van die Allerhoogste ontvang. 

[9] As Hy egter ontvang en gebore sal wees, sal die volheid van die allerhoogste krag van God in Sy liggaam woon. 

[10] En as Hy liggaamlik op die aarde sal bly, dan sal Sy dienaars en gesante uit die hoë hemele neerdaal op die aarde om Hom in die verborgene, maar vir baie mense ook sigbaar, te dien., 

[11] Hy sal deur woorde en dade almal salig maak, wat Hom inderdaad volgens Sy woorde sal volg en in hulle harte vir Hom sal ontvlam. 

[12] Die wat Hom egter nie wil erken nie, die sal Hy rig met Sy almagtige Woord, wat met `n ystergriffel in die hart van elke mens geskryf sal word. 

[13] Sy woorde sal nie wees soos die woorde van `n mens nie, maar dit sal vol krag en vol lewe wees; en wie die woorde sal hoor en dit in sy hart sal bewaar om daarvolgens te handel, sal die dood nooit in ewigheid smaak nie! 

[14] Na Sy aard sal Hy egter so sag soos `n lam en so teer soos `n tortelduif wees; 

[15] maar nogtans sal alle elemente gehoor gee aan Sy sagste asemtog! 

[16] As Hy die winde baie saggies sal gebied, dan sal hulle losbreek en die see deurploeg tot op die bodem! 

[17] As Hy oor die golwende meer sal kyk, dan sal die water tot `n rustige spieël word! 

[18] As Hy oor die aarde sal asem, dan sal sy haar ou grafte open en alle dooies weer lewendig moet teruggee! 

[19] En die vuur sal vir Hom tot koelte wees, wat die woord van die Messias lewend in Sy hart sal dra! 

[20] Nou, liewe hoofman, het jy die belangrikste wesenlike kenmerke van die Messias, waaraan jy Hom maklik kan herken! 

[21] Dit is my nie veroorloof om jou meer oor Hom nie sê nie; die 'waar Hy is' sal jy egter beslis maklik en baie spoedig vind!”  

[22] Hierdie verduideliking het `n enorme indruk op die hoofman gemaak, sodat hy daarna nouliks durf waag het om iets meer te sê. 

[23] Hy het daarop teruggegaan na die onderpriester met wie hy al vroeër gepraat het en aan hom gesê: 

[24] ”Het u sydelings gehoor wat hierdie besonder wyse Judeër aan my gesê het?” 

[25] Die onderpriester het gesê: ”Ek sê jou: Elke woord het diep in my verbaasde siel ingedring!” 

[26] En die hoofman het gesê: ”Wel, sê my wat daar dan straks van ons gode tereg sal kom, as die Messias wat so hoogs merkwaardig aan my beskryf is, in die volledige werksaamheid van Sy volle Goddelike krag sal optree!” 

[27] En die onderpriester het geantwoord: ”Het jy drie dae gelede nie die krag van die geweldige orkaan gevoel nie? 

[28] En het jy op die berg nie die plotselinge einde van ons smadelike Apollotempel gesien en al die tekens wat daarop gevolg het nie? 

[29] Kyk, presies so sal dit binne `n kort tyd ook met Rome gaan! Die tempels sal in stowwerige puin verander! 

[30] En waar `n mens nou nog offers aan Zeus bring, daar sal jy binnekort `n hoop stukkende stene aantref, maar in die plek daarvan sal die mense egter lewende tempels in hulle harte bou! 

[31] En daarin sal elke mens, net soos `n priester, die een ware God oral en te alle tye `n lewende offer kan aanbied! Dit is al wat ek jou daaroor kan sê! Wil jy meer weet? Kyk, daar is hulle, wat meer weet as ek! Vra my daarom nie verder uit nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205